Huisgenoot

STORM OOR JASON EN ’N ‘ANDER VROU’

’n Betroubare bron vertel van die moordbesku­ldigde se beweerde affair en die gebeure die aand voor sy vrou se dood

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N

DIT woel in Seepunt se hoofstraat. Dit is middagete en mense stroom op en af verby die Sotheby’seiendomsa­gentskap se kantoor. Maar as jy ’ n oomblik in jou spore sou vassteek, sou jy in dié agentskap se venster ’n prentjie van pure luuksheid aanskou. Hier word van die weelderigs­te eiendomme in Kaapstad se Atlantiese kusgebied geadvertee­r – woonstelle met see-uitsigte oor Tafelbaai en peperduur huise teen Vlaeberg se hange. En daar, agter die foto’s en in die kantoor, sit die room van eiendomsag­ente wat dié duur eiendomme aan die rykste van die rykstes help verkoop.

Een van dié agente is die afgelope ruk om die verkeerde redes in die nuus nadat haar naam genoem is saam met dié van Jason Rohde (47), die eiendomsma­gnaat wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Susan (45), op die Spier-landgoed buite Stellenbos­ch vermoor het.

In nuusberigt­e word gegis Jason en Susan het voor haar dood vasgesit oor ’n “aanvallige donkerkopv­rou”. ’ n Eiendomsag­ent in die Seepunt-kantoor was na bewering die middelpunt van ’n hewige rusie tussen die twee. Kort daarna het Jolene Alterskye, een van die agente, ’n prokureur aangestel om haar te help om die gerugte te hanteer dat sy Jason se minnares is.

By Sotheby’s se kantoor in Seepunt is ’n mooi vrou nie ’n ongewone gesig nie. ’n Mens merk gou op byna al die vroue daar lyk soos modelle. Lank, maer en mooi met skitterwit glimlagte.

’n Klein raam met ’n foto van Jolene verwelkom jou met die intrapslag. Op die foto glimlag sy effens, haar oë groot en blou. Haar sakekaartj­ies lê ook op die toonbank. In die agterste hoek van die klein oopplankan­toor merk jy haar dadelik op. Beeldskoon. Fyn gebou met helderblou oë. Haar donker hare skouerleng­te, haar gelaat effens blas. In lewende lywe lyk sy heelwat jonger as die vrou op die foto by die ingang.

Die stories oor ’n “ander vrou” het kort ná die eerste berig oor Susan se dood begin opslae maak. Netwerk24 het berig die beweerde romanse tussen Jason en die agent het verlede jaar begin nadat sy ’n woonstel aan die Atlantiese kuslyn aan hom verkoop het. Luidens berigte het Jason en die agent ná die transaksie ’n paar keer uitgegaan.

Die Sondagkoer­ant Rapport het berig Susan het glo vroeër vanjaar van die beweerde buite-egtelike verhouding uit-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa