Huisgenoot

KLAPPER-PANNEKOEKE MET APPELSMEER

- 2 3 4 5

LEWER SOWAT 6-8 PANNEKOEKE EN SOWAT 750 ML (3 K) SMEER Bereiding: 30 min. Gaarmaak: pannekoeke: 15-20 min.; smeer: 1 uur KLAPPERPAN­NEKOEKE 250 ml (1 k) water 4 eiers 60 ml (¼ k) olyfolie ²⁄₃ k fyngemaald­e

droë klapper 10 ml (2 t) tapioka

meel 2 ml (½ t) bakpoeier ’n knippie sout APPELSMEER 1 kg appels, ontkern

en geskil 1 kg pere, ontkern

en geskil 3 lemoene se sap en

1 se skil skil van 1 suurlemoen 2 cm gemmer, gerasper, of 1 kaneelstok, 1 steranys en 1 naeltjie sout na smaak 125 ml (½ k) rooibos

tee met lemoengeur AFRONDING

roomys of jogurt

Pannekoeke

Klits die water, eiers en olie saam. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng.

Verhit ’n pan, verf met ’n bietjie olie en giet 60 ml van die mengsel in. Kantel tot die hele oppervlak bedek is. Bak tot lugblasies bo-op vorm, draai om en bak tot gaar. Sit voor saam met die smeer.

Sny die vrugte in wiggies en plaas saam met die res van die bestanddel­e in ’n kastrol.

Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat stadig sowat 60 min. prut tot sag en goudbruin. Roer af en toe teen die einde van die kooktyd. Druk fyn, plaas in flessies en hou in die koelkas.

Sit die smeer voor saam met die pannekoeke en roomys of jogurt. Of geniet dit oor hawermoutp­ap saam met jogurt en granola of as vulsel vir rolkoeke.

Appelsmeer Afronding

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa