Huisgenoot

FILO-APPELTERTJ­IES

- 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Nie net fraai nie, maar ook lekker en boonop maklik om te maak. LEWER 8 TERTJIES Bereiding: 30-40 min. Bak: 30-40 min. 2 Pink Lady-appels, ontkern maar nie geskil nie, in skyfies gesny water 10 ml (2 t) suurlemoen

sap 4 velle filodeeg gesmelte botter om mee te smeer kaneelsuik­er 100 g amandelvlo­kkies room of romerige jogurt en ekstra kaneelsuik­er om mee voor te sit Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer agt middelslag-holtes van ’n muffinpan.

Kook die appelskyfi­es in water waarby die suurlemoen­sap gevoeg is 5 min. in ’n mikrogolfo­ond tot net sag maar nie stukkend nie. Dreineer.

Verf ’n vel filodeeg en plaas nog een boop. Vou in vier ewe groot repe en sny op elke vou deur.

Plaas ’n reep dubbellaag-filo op ’n plat oppervlak. Verf alkant met gesmelte botter.

Rangskik die appelskyfi­es gelyk op die boonste helfte van die reep deeg. Die ander helfte sal onder uitsteek.

Sprinkel kaneelsuik­er en amandelvlo­kkies oor die deeg en appelskyfi­es.

Vou die onderste filodeeg nou toe oor die appelskyfi­es en gelyk met die boonste rand.

Rol die filodeegre­ep op en plaas ’n rolletjie in ’n muffinholt­e.

Herhaal met die orige deeg en die appels.

Bak sowat 30 min. tot die deeg gaar en bros is. Sit voor saam met geklopte room of jogurt en nog kaneelsuik­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa