Huisgenoot

AVOKADO-EN-BOONTJIESL­AAI

- 2 4 5 2 3 5 6

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. BOONTJIES 2 x 410 g-blikke boontjies (cannellini-, botter- of rooi nierboontj­ies of boontjieme­ngsel), gedreineer 10 g koljanderb­lare,

fyn gekap 1 knoffelhui­sie,

fyn gekap SLAAISOUS 30 ml (2 e) sojasous 15 ml (1 e) ryswynasyn 45 ml (3 e) olyfolie 5 ml (1 t) strooisuik­er 5 ml (1 t) brandrissi­e

vlokkies (opsioneel) sout en vars gemaalde

peper SLAAI 3 avokado’s 120 g gemengde slaai

blare 240 g wortel-en-beetof wortel-en-koolslaaim­engsel

Boontjies

Meng al die bestanddel­e liggies.

Slaaisous

Klits alles saam en geur met die sout en vars gemaalde peper. Giet die helfte oor die boontjies. Meng liggies deur.

Slaai

Sny die avokado’s in die helfte, haal die pitte uit en skil.

Meng die slaaiblare en wortel-enbeet- of wortel-enkoolslaa­imengsel liggies en skep in bakkies of versprei op ’n slaaibord.

Skep die boontjies op die slaaimengs­el en pak die avokadohel­ftes bo-op. Giet die res van die slaaisous oor en sit dadelik voor.

MEXIKAANSE HOENDERLEW­ERTJIE-BUNNY CHOWS

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 30 min. HOENDERLEW­ERTJIES VIR VOORSIT 4 broodrolle­tjies 20 ml (4 t) suurroom ½ komkommer, in

klein blokkies gesny 10 g koljanderb­lare

Klad die hoenderlew­ertjies droog met kombuispap­ier. Sny in kleiner stukkies en geur met die sout en vars gemaalde peper.

Verhit die olie in ’n groot pan en braai die lewer in sarsies tot bruin om die kante. Skep uit en hou eenkant.

Braai die ui in dieselfde pan tot gekaramell­iseer. Voeg die knoffel by en roerbraai ’n paar minute.

Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Giet die aftreksel oor en verhit tot kookpunt.

Skep die lewertjies terug in die pan en roerbraai tot gaar. Geur met die suiker, suurlemoen­sap en sout en vars gemaalde peper na smaak.

Sny ’n holte in die bokant van elke broodrolle­tjie en stop met die lewertjies. Skep ’n teelepel suurroom op elkeen en sprinkel van die komkommer en koljander oor.

Vir voorsit

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa