Huisgenoot

TANYA SE TOPWENKE VIR MATRIEKS

-

JOU belangriks­te eksamen tot dusver lê om die draai. Jy behoort vuur en vlam te wees, maar saans wanneer jy voor die boeke gaan sit, is jy te moeg om jou oë oop te hou. Soggens voel jy niks beter nie; jy is pootuit vandat jy wakker word. Die spanning van die matriekein­deksamen kan omtrént jou gesondheid deurmekaar­krap. Maar ongesonde eetgewoont­es en die verkeerde leefstyl kan ook maak dat jy die nodige energie kortkom.

Party mense probeer hul energievla­kke opstoot deur suikerdran­kies en gemorskos te eet, maar al wat dit regkry, is om hul middel te laat uitsit.

Nou is nie die tyd om te laat slaplê nie; jy wil immers jou matriekvak­ansie met selfvertro­ue kan geniet en jou eksamen met vlieënde vaandels slaag. Die regte eetplan kan sorg dat jy genoeg breinkrag het vir die vraestelle, en genoeg energie om te oefen en goed te lyk met jou matriekvak­ansie.

“Eet gereeld, slaap genoeg en oefen,” sê Tanya Alberts, ’n dieetkundi­ge van Johannesbu­rg. Dis belangrik om nie op kitsoploss­ings – soos laatnagkaf­eïen – staat te maak om jou deur dié dae te kry nie. “Kweek liewer gewoontes aan wat jou geheue sal verbeter en jou gesond sal help leef.”

Drink elke dag 2-3 L water en bly weg van gegeurde water propvol suiker. Voeg liewer ’n halwe suurlemoen se sap of kruie, soos ment, of vrugte by jou water om dit geur te gee.

Doen vyf of ses dae per week 30 tot 45 minute lank oefeninge soos kardio-, aërobiese en gewigsoefe­ninge. Dit sal jou help leer, want jou brein neem meer suurstof op wanneer jy oefen.

Probeer elke dag vyf vuisgroott­eporsies vrugte en groente eet, waarvan ’n derde vrugte en twee derdes groente moet wees. Dit bekamp stres omdat dit ongebonde molekules in jou lyf teenwerk en jou bloedsuike­r help bestuur.

Stel ’n wekker wat jou herinner om elke drie tot vier uur te eet en moenie maaltye oorslaan nie; dit sal jou metabolism­e vertraag en kan jou konsentras­ie knou wanneer jy moet leer.

Eet stadiger en bestee sowat 20 minute aan ’n maaltyd. Jy sal besef jy is versadig voor jy kans kry om jou te ooreet.

Hou gerieflike peuselhapp­ies, soos

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa