Huisgenoot

TANYA SE EETPLAN VIR MATRIEKS

-

neute, groente, hardgekook­te eiers en vrugte, byderhand.

Slaap saans tussen ses en agt uur sodat jy nie moeg is wanneer jy moet leer of eksamen skryf nie.

Sny rietsuiker uit en eet liewer natuurlike suiker, soos dié wat in vrugte voorkom. Suiker kan veroorsaak dat jy sukkel om te konsentree­r; boonop is trooskos ’n ongesonde manier om stres te probeer hokslaan.

Kook naweke of wanneer jy vrye tyd het groot maaltye en pak saans jou kos vir die volgende dag in sodat jy jou nie deur die dag oor kos hoef te bekommer nie. As jy jou maaltye beplan, is die kans beter dat jy nie maaltye sal oorslaan of ongesonde kos sal eet nie.

Vermy kosse met ’n hoë tot middelmati­ge glisemiese indeks, soos witbrood, kits- en verwerkte kosse. Eet dit net ná strawwe oefening of as ’n klein aanvulling tot kosse met ’n lae glisemiese indeks, soos volgraanpa­sta en lensies.

Jy kan jou eetplan aanvul met ’n mul- tivitamien- of omega-3-aanvulling, of maaltye deur skommels vervang, solank dié skommels nie opkikkers bevat nie.

Eindelik moet maaltye al die nodige voedselgro­epe insluit. Bly ook weg van proteïensk­ommels. Kies elke dag ’n ontbyt, middag- en aandete uit die tabelle hieronder.

Kies ook twee peuselhapp­ies; een vir soggens en een vir laatmiddag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa