Huisgenoot

KÊREL NEEM GRAP TE ERNSTIG OP

-

Om na pornografi­e te kyk maak hom nie ’n slegte mens of ’n man sonder respek nie, maar wel ’n man met ’n emosionele en fisiologie­se uitdaging om die hoof te bied.

Pornografi­e hoort in geen verhouding tuis nie. Paartjies moet ooreenkom dat dit ontoelaatb­aar is, net soos hulle ander voorwaarde­s in hul verhouding stel, soos dat niemand die ander verkul nie. Vir ’n innige, goeie en gelukkige verhouding moet julle saam hierdie besluit neem.

Geen verskoning regverdig pornografi­e in ’n verhouding nie, want dit neem jou maat se plek in. Net soos ’n ander vrou, verslawing aan werk of sport, of oorbehepth­eid met vriende of familie, neem dit die aandag, emosionele energie en tyd in beslag wat jul verhouding toekom.

Wag tot jy kalm is as jy hieroor met hom wil praat. Sê jy weet hy kyk daarna. Moenie voorbeelde of tye noem nie, anders kan die gesprek maklik in ’n rusie ontaard. Sê net ferm die tyd vir leuens en misleiding is nou verby. Sê vir hom hoe jy daaroor voel en vra waarom hy daarna kyk.

Moenie verskoning­s aanvaar soos “alle mans doen dit” of “dis uit verveling” nie. Gesels daaroor sonder om veroordele­nd te wees. Moenie van hom die probleem maak nie; fokus op ’n oplossing.

Onthou, onderligge­nd aan sy verslawing is sy verslawing aan die uitwerking wat die stimulasie op sy breinchemi­e het. Alleen kan jy hom nie hiervan laat afsien nie, net soos jy ’n alkoholis nie kan genees deur sy drank weg te neem nie.

Gebruik tegnologie. Goeie kursusse is aanlyn beskikbaar. Besoek gesondesek­s.co.za of bel 0861-112-329 om hieroor navraag te doen. My gewese kêrel het ons verhouding ná ’n week verbreek. Hy het gesê hy het ’n afspraak en ek het as grap vir hom ’n WhatsApp gestuur: “Ek hoop nie dit is met ’n vrou nie.”

Hy het my toe vertel hy het voorheen met ’n meisie uitgemaak omdat sy hom daarvan beskuldig het dat hy haar verkul. Ek kan hom nie vergeet nie en het hom gevra om my weer ’n kans te gee. Hy wil nie.

Wat moet ek doen?

CLI op KBM

’n Week is te kort om vertroue in enige verhouding op te bou. Om ’n verhouding oor so ’n onbenullig­heid te verbreek is onvolwasse.

Jy hoef glad nie skuldig te voel oor jou onskuldige opmerking nie. Met so ’n wantrouige mens is die kans goed dat dit weer sal gebeur as julle die verhouding sou hervat.

Moenie jouself aan daardie wantroue blootstel nie. Hy het nee gesê vir jou aanbod. Aanvaar dit en gaan aan met jou lewe. Jou man is soos ’n bokser wat glo ’n goeie aanval is die beste vorm van verdedigin­g. Hy het dalk tevore in ’n verhouding elke keer die skuld moes dra of is dalk as kind gedurig van iets beskuldig.

Hy moet nou verstaan dié tyd is verby. Julle is albei daarop geregtig om te sê hoe julle voel en respek daarvoor te verwag.

Om die bose siklus te verbreek, sal jy op ’n nuwe manier met hom moet begin kommunikee­r. Vertel hom gereeld waarvan jy hou: sy optrede, voorkoms of dinge wat hy sê. Sê vir hom jy het nie noodwendig ’n gesprek nodig as jy ontsteld is nie, maar soms eerder ’n drukkie. Wanneer jy iets met hom wil bespreek, stel dit dadelik aan hom dat hy nie in die moeilikhei­d is nie.

Moet nooit sê julle “moet praat” nie. Dit klink dalk vir hom te veel soos ’n aanval.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa