Huisgenoot

DIE FINALE HOOFSTUK

-

Byna 10 jaar nadat die Britse skrywer J.K. Rowling haar wêreldwye wegholreek­s afgesluit het, kom hier nog ’n Harry Potter-aflewering.

Maar voor jy hardloop om jou eksemplaar te gaan aanskaf, moet jy eers ’n paar goed weet.

Harry Potter and the Cursed Child, die agtste sage, is eerder ’n toneelstuk as ’n boek en tegnies gesproke is dit nie heeltemal Rowling se werk nie.

Dit is in werklikhei­d geskryf deur die Britse dramaturg Jack Thorne as ’n verhoogopv­oering met die samewerkin­g van Rowling en die teaterregi­sseur John Tiffany.

Die toneelstuk, wat tans in die Palace-teater in Londen op die planke is, is tot Mei volgende jaar uitverkoop. Dit duur meer as vyf uur en is in twee dele opgedeel.

Die boekweerga­we is op 31 Julie uitgegee om saam te val met Harry Potter se 36ste verjaardag. Rowling (51) sê nou is dit regtig die einde van Harry.

“Harry onderneem ’n baie groot reis in dié twee toneelstuk­ke, en ja, dan dink ek is ons klaar.” (Maar sy het dit ook in 2007 gesê.)

Harry is nou hoof van towerwetst­oepassing.

Hy is getroud met Ginny Weasley en hulle het drie kinders, James Sirius, Albus Severus en Lily Luna.

Harry vermy lekkers, want hy dink suiker is sleg vir ’n mens en hy het ’n onlogiese vrees vir duiwe.

Hermione is die minister van towerkuns. Sy is met Ron getroud en hulle het twee kinders, Rose – net so oud soos Albus en wat na haar slim ma aard – en Hugo. – JANE VORSTER HARRY POTTER AND THE CURSED CHILD (LITTLE, BROWN, R260*, HARDEBAND)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa