Huisgenoot

HOE LYK DIE VLERKE?

-

Die wetenskapl­ike naam van die familie skoenlappe­rs en motte is Lepidopter­a, Latyn vir “skubbevler­k”.

Dit beskryf die bou van die vlerk. Dit het ’n klomp klein skubbe in die vorm van haartjies (van die stof chitien) wat soos dakteëls bo-oor mekaar lê. Skoenlappe­rs se skubbe is gerangskik om die mooi patrone te vorm wat ons op party van hulle se vlerke sien.

Die patrone en helder kleure van die vlerke het verskillen­de funksies by verskillen­de spesies.

Soms help dit die insek om in sy omgewing weg te kruip. Ons sê hy kamoefleer hom.

Party helderkleu­rige skoenlappe­rs proe sleg of lyk soos ander wat sleg proe. Dit beskerm hierdie nabootsers teen hul vyande. As ’n dier wat hulle jag, een keer ’n skoenlappe­r gevreet het wat so sleg proe, sal hy in die toekoms ander vermy wat so lyk.

Party patrone word ook gebruik sodat vyande dink die skoenlappe­r is ’n groter dier.

Dink byvoorbeel­d aan dié met groot swart kolle op hul vlerke. Dit lyk amper soos oë en kan vir ’n roofdier van ver af lyk soos ’n groter dier se gesig, byvoorbeel­d dié van ’n uil.

Donker skubbe op die vlerke help ook om die die insekte warm te hou. Omdat hulle koudbloedi­g is, help die donker kleure deurdat dit die son se hitte beter absorbeer. Wanneer so ’n skoenlappe­r koud kry, kan hy dus in die son gaan sit om warmer te word.

huisgenoot.com Klaskamer

vir 'n infografik­a oor verskillen­de motte in Suid-Afrika. BRONNE: EASYSCIENC­EFORKIDS.COM, THEHOMESCH­OOLSCIENTI­ST.COM, SCIENCEKID­S.CO.NZ, KIDSKONNEC­T.COM, KIDSBUTTER­FLY.ORG, NGKIDS.CO.UK, DKFINDOUT.COM, WHAT'S THAT BUTTERFLY DEUR STEVE WOODHALL (STRUIK-UITGEWERS)

https:// www.youtube.com/watch?v=7q63KpNctk­w.

 ??  ??
 ??  ?? Jy kan al die vorige artikels in Huisgenoot in die Klaskamer koop en by aflaai. Klik op die keusebalk. op
Jy kan al die vorige artikels in Huisgenoot in die Klaskamer koop en by aflaai. Klik op die keusebalk. op
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa