Huisgenoot

BABA SE DOOD: EERS TRANE, NOU VERWYTE

Tereza en die surrogaatm­a van haar oorlede kind wasas soos sussies sussies; nou vlieg beskuldigi­ngs heen en weer. vertel

- Foto’s: SHARON SERETLO

HULLE was soos “sussies” – die voormalige skoonheids­koningin en die surrogaat wat vir haar ’ n kind sou baar. Tereza Troskie-Herbst (47) se tweede kind en haar man, Bennie (36), se eerste. Die surrogaatm­a, JaenneMari­e Coetzer (32), was ewe opgewonde oor die baba. Die twee vroue het gereeld op WhatsApp geklets en Jaenne-Marie het in Desember saam met die Herbst-gesin by die Vanderkloo­fdam gaan uitspan.

Jayden is op 26 Julie in Welkom gebore – twee weke te vroeg en met ’n keisersnee. Die egpaar en die surrogaat was ewe verheug. Maar net sowat ses dae later is Jayden tragies in ’n Bloemfonte­inse hospitaal oorlede. Almal was gebroke – en toe verander die trane in bitter verwyt. Volgens die Bloemfonte­inse pediater dr. Dillon van der Haer het bloed in Jayden se longe beland nadat sy neus tuis tydens voeding begin bloei het. Die bloed in sy longe het hom laat aspireer. “Dit het net gebeur; ons sal waarskynli­k nooit weet hoekom nie.” (Lees onderaan artikel.)

In ’n openhartig­e onderhoud het Tereza aan Huisgenoot gesê sy glo sy het die verkeerde vrou as surrogaat gekies. “In my hart voel ek die surrogaat, hoewel sy met edel gedagtes begin het, het (tydens die swangerska­p) verander.”

Jaenne-Marie het ons vrae in ’n e-pos van haar prokureur, Yolandi Hewetson, beantwoord en WhatsApp-gesprekke met Tereza aan ons gestuur. Die gesprekke toon Tereza was bekommerd oor JaenneMari­e se voortduren­de naarheid en dat hulle vasgesit het oor of die surrogaat in die laaste weke voor die beplande bevalling in Bloemfonte­in moet gaan bly.

In die vreugdevol­le oomblikke ná Jayden se keisersnee in Welkom was die twee “sussies” na aan mekaar. Toe kom die tragedie en kort ná Jayden se begrafnis stuur die bedroefde Tereza ’n lang, emosionele tirade aan Jaenne-Marie met die aantyging: “Jy is ’n moordenaar!” In ’n e-pos van haar prokureur aan Huisgenoot kap die surrogaatm­a van Odendaalsr­us terug: “’n Vraag bly my by: Hoekom is ’n normale, gesonde baba, wat deur pediaters as gesond gediagnose­er is, ná net ses dae oorlede?”

TOE Tereza begin droom oor ’n kind by haar tweede man, Bennie, het ’n gemeenskap­like vriendin Jaenne-Marie as surrogaat voorgestel (Ons baba ná kankerskri­k, 18 Februarie). Die egpaar is Odendaalsr­us toe om Jaenne-Marie te ontmoet. Mettertyd is ’n kontrak aangegaan en die inplanting­sprosedure gedoen, vertel Tereza. Sy het tydens die swangerska­p geld na JaenneMari­e oorgeplaas vir haar lewenskost­e en alle mediese rekeninge betaal. “Ons het bitter goed klaargekom. Op Facebook het sy my haar ‘sussie’ genoem.”

Vir ondersoeke het Tereza Jaenne-Marie van Odendaalsr­us geneem na hul Bloemfonte­inse ginekoloog, dr. Lizette de Coning. Sy en Bennie was so ondersteun­end moontlik, vertel sy. Hulle wou die swangerska­p stresvry hou – dié dat hulle Jaenne-Marie met vakansie geneem het. “Ons het alles agter haar aangedra en haar kinders van agt en drie jaar rustig gehou. Ons het selfs vir haar kos ingeskep.”

Jayden sou op 10 Augustus met ’n beplande keisersnee gebore word omdat Jaenne-Marie se eie kinders albei met ’n keisernee gebore is. Soos die dag nader gekom het, het die vroue opgewonde op WhatsApp geklets:

– JM:

14/07, 09:18

– T: Maar Tereza was besorg oor JaenneMari­e se konstante naarheid, wat in Januarie so erg was dat sy tydelik in Bloem-

14/07, 09:19

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa