Huisgenoot

DROOMTROUE WEG VAN DIE ARMOEDE

- (Blaai om)

Deur Foto’s:

SY HET byna net so lank van hierdie dag gedroom soos wat sy gedroom het om eendag aan die Olimpiese Spele te gaan deelneem en vir haar ’n pad uit die armoede van haar jeugjare oop te hardloop. Daardie d droom moes Irene van Niekerk (19) virv eers opsyskuif toe sy op 15 jaar sw swanger raak. Maar vandag word ’n an ander droom vir haar waar – om te tro trou met Iwan Cass (22), haar skoolliefd skoolliefd­e en die pa van haar tweejarige se seun, Jayden. In K Kroningspa­rk in die hartjie van Krugersdor­pK aan die WesRan Rand is dit vandag ’n miernes van bedrywighe­de. Teen eenuu uur begin die huweliksga­ste in groepe en met saamryg geleenthed­e opdaag. Dit is w warm, stowwerig en droog in die gr groot, onversorgd­e ontspannin­gsterr ningsterre­in. Dit is dié dat hulle solank ’n lafenissie­laf uit die koelsakke in bagasieb bagasiebak­ke soek terwyl hulle onder d die koeltebome kuier. ’n Feestelike stemming heers en almal is uitgevat in hul beste uitgaankle­re vir hul geliefde Irene se troue. Dié moedige jong ma se lewensverh­aal ontroer mense landwyd. Selfs al is haar tone misvorm nadat haar voete in ’n bad kokende water verbrand het toe sy 18 maande oud was, het sy in haar skooldae die goue medaljes op die atletiekba­an ingeryg. Sy het selfs in 2013 ’n Gauteng-rekord in die 1 500 m in haar ouderdomsg­roep opgestel.

Huisgenoot het vroeër vertel hoe Irene se ma, ook Irene, die wens uitgespree­k het dat haar dogter ’n mooi troue moet hê (As ek net weer kan hardloop . . ., 3 Maart). “Kyk, ek kan nou nie duisende betaal nie, maar ek wil ook nie sleg gee nie,” het Irene sr. gesê toe Huisgenoot by hulle gaan inloer waar hulle in Munsievill­e, ’n township buite Krugersdor­p, woon.

Dit het ons lesers so geraak dat hulle hul beursies oopgemaak en hul dienste aangebied het (sien die bedankings­lys hierby) om ma en dogter se droom te bewaarheid. Irene wou juis hier in Kroningspa­rk met Iwan, ’n nutsman, kom trou, want op dié einste lap aarde lê haar

 ??  ?? JACO HOUGH- COETZEE ROWYN LOMBARD BO: Irene van Niekerk aan die sy van Iwan Cass. HEEL BO: In hierdie paadjie het sy as kind gespeel.
JACO HOUGH- COETZEE ROWYN LOMBARD BO: Irene van Niekerk aan die sy van Iwan Cass. HEEL BO: In hierdie paadjie het sy as kind gespeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa