Huisgenoot

Toutrekker­y oor Beautiful in Beaufort-Wes

-

persoonlik­e aanvalle oor Theuns Jordaan se gebruik van Beautiful in Beaufort-Wes is swak smaak (‘Jy het daardie lied gelééf ’, 1 September). Party mense lê die rede vir Gert Vlok Nel se swak finansiële situasie voor Theuns se deur omdat hy die liedjie sing.

Vele ander faktore kan verband hou met Gert se geldproble­me, soos sy onwillighe­id om homself te bemark, ’n gebrek aan CD’s by vertonings, ensovoorts. Die kwessie van tantième moet met die platemaats­kappy opgeneem word eerder as dat mense persoonlik­e aanvalle rig. GERT VLOK NEL-AANHANGER

dit nie vir Theuns nie, was die liedjie nie so bekend en gewild nie. Gert kan skryf, maar nie sing nie. HR

Gert moes mos lankal gekla het. Dis suur druiwe dié; sing kan hy nie. RAINER

Ek het Gert se CD waarop Beautiful in Beaufort-Wes is. Niemand kan dit soos hy sing nie. Theuns se vertolking is nie naastenby hoe dit moet klink nie. RINA

Ek kan regtig nie verstaan waarom Theuns aangevat word nie. Die ondersteun­ers geniet sy weergawe duidelik die meeste, want hulle sou mos Gert se CD gekoop het as sy sang die beste was. Hulle doen dit nie. GROTE,

LICHTENBUR­G

So lees ek toe Dana Snyman se ope brief en gaan luister na Gert en ek kan voel hierdie liedjie en kunstenaar is een – op Beaufort-Wes gebore en ingekleur.

Gert, ek wens ek kon jou op daardie Richmond-N1-pad loop haal en jou erkenning, geld en supersters­tatus gee.

Die lewe het nou eenmaal sy witbroodji­e-kinders en sy toebroodji­ekinders. CORRIE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa