Huisgenoot

VERGIFNIS LEI ONS OP PAD NA GENESING

- En JANA VAN DER MERWE

WAT sal jy iemand aandoen as hulle ’n baie privaat foto van jou deur die hele land laat versprei en jou die teiken van ’ n nasionale spottery maak? Die meeste van ons kan aan ’n hele rits maniere dink waarop ons ons vir so ’n vernederin­g sal wil wreek.

Nie Margaret van Wyk (46) van Schweizer-Reneke nie. Sy wil nie kwaad met kwaad vergeld nie.

Nadat sy per ongeluk ’n stoute foto (bedoel vir haar man) aan ’n WhatsAppgr­oep van die skool se hokkieouer­s gestuur het, het een van die ander lede van die groep ’n skermgreep van dié foto gemaak en dit na ander mense gestuur. Die foto van haar geslagsdee­l is van een selfoon na die ander aangestuur en kort voor lank het dit landwyd gedraai. Die grappe en spottery het Margaret se lewe hel gemaak.

Talle mense wat simpatie met haar het, wil nou weet wie hierdie Judas was. Ná Huisgenoot se eksklusiew­e onderhoud met Margaret verlede week waarin sy vertel hoe seer alles haar en haar gesin gemaak het (Gespot het my gesin geknak, 8 September), vra lesers dat ons die verraaier ontbloot wat die kuberstorm rondom haar ontketen het.

“Ek is seker die mense wat dit aangestuur het, sit elke Sondag heel voor in die kerk,” het Junique Groenewald, ’n leser van Kaapstad, op Facebook geskryf.

Nog ’n leser, Ronel Grebe Gerber, maak ook haar stem dik: “Wys net watse tweegatvri­ende in daai hokkiegroe­p was. Definitief nie vriende nie. So sal die skuldige een nog bekend gemaak word. (Ek) dink haar gewete vreet haar op van binne. Sies vir jou, wie (ook al) jy is.”

Maar dit is glad nie Margaret se gesindheid nie.

“Dalk sal ek eendag kwaad wees, maar nie nou nie. Nou vergewe ek,” sê sy. “Ek wil met my lewe aangaan. Daar moet vergifnis wees, anders sal dit tussen my en my lewensvreu­gde staan. Ons gesin is klaar waar ons wil wees – op die pad na genesing,” sê sy vasbeslote.

Sy verwag nie ’n verskoning nie. Sy wil ook nie weet wie die mens is wat die skermgreep eerste gedeel het nie.

“Ek stel nie belang nie. Ek wil nie weet nie en ek wil ook nie hê julle moet uitvind nie, want ek wil hê alles moet ophou.

“Alles moet nou net einde kry sodat ek Deur

 ??  ?? HOOFFOTO: Margaret van Wyk sê sy vergewe die een wat die gewraakte skermgreep aangestuur het. REGS: Dorpenaars het Sondag in die NG kerk Schweizer-Reneke ’n boodskap van vergifnis ontvang. HEEL REGS: Die mediastorm het dié dorpie geruk. JACQUES MYBURGH
HOOFFOTO: Margaret van Wyk sê sy vergewe die een wat die gewraakte skermgreep aangestuur het. REGS: Dorpenaars het Sondag in die NG kerk Schweizer-Reneke ’n boodskap van vergifnis ontvang. HEEL REGS: Die mediastorm het dié dorpie geruk. JACQUES MYBURGH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa