Huisgenoot

BRAVO, MARGARET, ONS SALUEER JOU!

-

NET nou die dag nog het mense stout gegiggel wanneer hulle die naam Margaret van Wyk van Schweizer-Reneke hoor. Maar toe het die dapper vrou besluit dit is nou genoeg. Sy het in verlede week se uitgawe met Huisgenoot gesels oor die hel waardeur dié spottery haar en haar gesin gesit het. Die eerlike hartoopmaa­k het lesers so geraak dat die briewe en SMS’e ter steun van haar sedertdien sonder ophou instroom.

“Liewe Margaret, jy is my skryf Helen Kotze van Stellenbos­ch. “Ek lig my hoed 10 keer vir jou. Ons is dieselfde ouderdom, met kinders en al. Jul huwelik en liefde vir mekaar is wonderlik. Ek beny dit. Na die maan met ’n ieder en ’n elk wat jou wil oordeel. Jy het die moed gehad om op te staan en selfs gesig te wys. Jy is ’n sterk vrou en ’n goeie ma. Die stof sal gou gaan lê.”

Ander lesers het lof vir Margaret se inisiatief om haar huwelik met die stoute foto interessan­t te hou.

“Bravo vir ’n vrou wat in vandag se tyd haar huweliksvl­am vuurwarm laat brand!” skryf Stoute Boervroutj­ie van Greylingst­ad. “Ignoreer die suurknolle. Dis nie asof ons meer in die wildernis, agter in ’n ossewa, deur ’n laken daardie ou vlammetjie probeer stook nie. Jou man word deur baie beny!”

Sonja, nog ’n briefskryw­er, meen ook Margaret is vir ons ’n voorbeeld van hoe ’n mens die vonk in jou huwelik hou. “Dit was ’n glips en sy het niks om oor skaam te wees nie.”

“Margaret, jy is ’n pragtige vrou en ek bewonder wat jy gedoen het,” laat weet nog ’n leser. “As meer vroue hulself aan hul man gee, sal hul man meer in voeling met hul verhouding bly.”

Oppies van Potchefstr­oom sê hy sien niks fout met wat Margaret gedoen het nie. “Ons mans hou daarvan om geprikkel te word. Jy is normaal.”

MENSE prys haar ook dat sy bereid was om met soveel waardighei­d oor die betreurens­waardige gebeure te praat en moedig haar aan om sterk te bly. “Margaret, hou jou kop omhoog,” sê ’n leser. “Dit was vir jou man bedoel. Dit was ’n groot fout. Die vroue wat jou so oordeel, dink hul man is ’n engeltjie, maar dié mans kyk na pornografi­e op hul fone.”

CBR van die Wes-Kaap sê sy het baie van die spotprente oor Margaret op die internet sien rondvlieg en dit het haar hart vroeg al na dié vrou laat uitgaan. “Nou lees ek van die seer uit jou eie mond en ek voel dit weer saam met jou.”

Baie voel die mens wat die foto in die eerste plek met die wye wêreld gedeel het, moet gekasty word.

“Die enigste vark in die verhaal is die verveelde, jaloerse en afgunstige mens wat dit uitgelap het!” skryf Rika van die Noorde.

“Dit was nie nodig dat dit verder as daardie groep gaan nie. Margaret, wat jy na jou man stuur, het niks met ander te doen nie en jy het niks om oor skaam te wees nie!”

Daar is selfs mense wat haar namens die spotters verskoning vra.

“Jammer dat mense so aaklig is,” skryf Bella. “Jammer dat ’n vriendin (kennis) jou in die steek gelaat het deur daardie foto aan te stuur. Jammer dat jy en jou gesin se menswaardi­gheid so aangetas is. En nou wil ek vir jou hele gesin sê: Tel op jul kop. Ek het nog nie een mens raakgeloop wat julle nie steun nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa