Huisgenoot

BELEËRDE BOKKE: WAT NOU?

-

DIE Bokke het hul aura verloor. Hulle lyk plan- en leierloos. Dis wat teenstande­rs en aanhangers deesdae oor ons ploeterend­e nasionale span kwytraak ná hul geskiedkun­dige nederlaag einde Augustus teen Argentinië in Salta. Dan praat ons nie eens van 11 Junie toe net 14 Iere ons op eie bodem geklop het nie. Wat ’n onrusbaren­de begin vir Allister Coetzee se era as breier!

Dis natuurlik moontlik dat ons die ewe sukkelende Australiër­s sal klop en minstens veggees sal toon teen die weergalose All Blacks. Maar sal dit werklik rede wees om weer te juig oor die stand van ons rugby? Nee, sê die kenners. Daar moet besin word oor die pad vorentoe – ongeag wat op hierdie Doer Onder-been van die Kampioener­eeks gebeur. kaptein” en haker, Adriaan Strauss – wat heelwat kritiek moes verduur – dat hy einde vanjaar uittree, al was Allister blykbaar heeltyd daarvan bewus. maar hulle het behoorlike opvolgings­beplanning gedoen. Beauden Barrett was gereed om Dan Carter te vervang, want hy het in die voorafgaan­de vier jaar genoeg geleenthed­e gekry. Daarenteen is Elton Jantjies in 2012 die eerste keer vir die Bokke gekies. Maar toe hulle hom eindelik weer in 2016 nader trek, het hy net twee toetse agter sy naam gehad. Dis die probleem: Hy moes onder die vorige afrigtings­pan die kans gekry het om ervaring op te doen. Afrigters in Nieu-Seeland het ’n gevestigde belang daarin om vir die toekoms te bou omdat hulle weet hulle gaan nog daar wees. Bok-afrigters het nie dieselfde versekerin­g nie.”

Die ontleder Gary Boshoff, ’n voormalige Suid-Afrikaanse Rugbyunie-speler en sportadmin­istrateur, wil eers sien hoe Suid-Afrika teen Australië vaar en Argentinië teen Nieu- Seeland. “Ons moet die span kans gee om ’n eenheid te word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa