Huisgenoot

Afrigtings­pan

-

skrede verbeter, maar ons moet dan ook heeltyd bly verbeter en voorbly,” reken Kobus. Frik du Preez, oud- Bok en Suid-Afrika se speler van die 20ste eeu, is “verstom” oor die Bokke se onlangse vertonings. “Ons hou maar duim vas dat hulle nog gaan inskop. Die talent ontbreek tog nie.” beer doen nie,” sê Gavin. Hy stem saam met mense soos die oud-Bok Victor Matfield “dat die Bokke na gelang van die toestande en teenstande­rs albei soorte wedstryde moet kan speel: vrye hardloopru­gby, asook die konserwati­ewe skop- en rolmaalspe­l. Tot dusver het die Bokke nogal verward gelyk oor hoe hulle moet speel.”

Naas sê ook: “Op daardie vlak moet jy alles op die tafel kan speel. ’n Mens moet ook hier na die All Blacks verwys. Hulle speel 80 minute lank wat voor hulle is. Die ding van twee basiese opsies in Suid-Afrikaanse rugby begin nou weer kop uitsteek: Óf ek moet oor jou hardloop óf ek moet grond toe gaan. Ons taktiese spel het ook min met taktiek uit te waai; jy skop net die bal veldaf.”

Frik laat hoor: “Ek het geleer wanneer jy speel, moet jy jou teenstande­r laat twyfel. Ons teenstande­rs weet wat ons gaan doen. Die bal kom net nie by die vleuels uit nie. Ons kort nog flair in die agterlyn.”

Gavin meen Frans Steyn (as heelagter) sou ook die Bokgroep verstewig het en Marcell Coetzee (beseer) is een van ons beste losvoorspe­lers. “Ons twee beseerde losskakels, Handré Pollard en Pat Lambie, sou ’n groot verskil gemaak het aan die Bokke se wenkans.”

Malcolm Marx is ons haker vir die toekoms, maar Bismarck du Plessis sou die Bokke intussen ook nie in die steek laat nie, meen Gavin. Kobus en Frik meen Jaco Kriel, Pieter-Steph du Toit en Steven Kitshoff moet in die beginspan speel. Die kenners is bekommerd oor die gebrekkige ervaring van Allister se afrigtings­pan. Gavin meen die weggaan van mense soos die vorige verdedigin­gsafrigter, Jacques Nienaber, was ’n groot verlies.

“Die nuwe agterlynaf­rigter (Mzwandile Stick) het net ’n paar maande ervaring by die Kings op sy seniorafri­gtingresum­é,” sê Gavin. “Die enigste SuidAfrika­anse afrigter wat hardloopru­gby tans werklik suksesvol afrig, is die Lions se Johan Ackermann. Dalk moet hy buite die Superrugby-seisoen as hulpafrigt­er hand bysit?”

Alles is nie verlore nie, troos Naas. “Die fantasties­e ding van sport is dat jy vandag die absolute held kan wees en sewe dae later die grootste hoender. En nog sewe dae later is jy weer die held.”

Kom ons kyk maar wat gebeur verder in die Kampioener­eeks en later vanjaar teen Eddie (“die Bokke is net boelies”) Jones se nuwe Engelse span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa