Huisgenoot

BRIDGET, DIE BABA EN DIE BREKERS

In die nuwe fliek is die geliefde karakter swanger, maar wie’s die pa – Darcy of Greys se McDreamy, wat in sy slaai krap?

- Saamgestel deur LARA ATSON

SY IS lomp, dra outydse bloemers, is behep met haar gewig en rook soos ’n skoorsteen. Daarby laat haar liefdeslew­e en lewensbesl­uite veel te wense oor. Tog het Bridget Jones in veral vroue se hart ingekruip toe die geliefde karakter in 2001 die eerste keer op die silwerdoek verskyn in die lokettreff­er Bridget Jones’s Diary.

Nou keer Renée Zellweger terug as Bridget in Bridget Jones’s Baby, die derde prent in die reeks. Dit begin op 16 September in rolprentte­aters draai, en ’n maand later volg ’n splinternu­we boek, Bridget Jones’s Baby: The Diaries.

Bridget is nou in haar 40’s en steeds ’n enkelloper. Maar sy is swanger, en o wee, sy weet nie wie die pa is nie. Is dit haar geliefde Mark Darcy (Colin Firth), wat sedert die eerste fliek haar hart bollemakie­sie laat slaan? Of is dit die aantreklik­e biljoenêr Jack Qwant ( Patrick Dempsey), oftewel McDreamy van Grey’s Anatomy-faam, wat nou in Mr. Darcy se slaai krap?

Die romantiese komedie se lokprent verklap albei mans gaan tydens haar swangerska­p in tipiese Bridget-styl oral opdaag en wil hand bysit – van voor- geboortekl­asse tot by die bevalling. Wat ’n tameletjie.

Maar het Darcy haar nie in die slottoneel van die vorige fliek, Bridget Jones: The Edge of Reason (2004), die jawoord gevra nie? Die nuwe een speel 12 jaar later af en Bridget en Darcy se verhouding is iets van die verlede. Sy is enkellopen­d en spits haar toe op haar loopbaan in die joernalist­iek. “Bridget is effe meer volwasse,” sê Renée (47) van haar karakter in die nuwe fliek. “Maar sy is nog Bridget. Sy bevind haar steeds in situasies waarin sy die nagevolge moet hanteer.”

Nie eens die fliek se sterre weet wie die pa van Bridget se kind is of wie haar hart gaan steel nie; drie eindes is daarvoor geskiet. Renée en kie sal daarom nes Jan Alleman eers op die silwerdoek sien hoe dié sage afloop.

ANDERS as die ander twee flieks, wat saam meer as $ 500 mil j o e n wêreldwyd by diee loket laat inrol het, is die jongste een nie gegrond op ’n boek deur die Britse skrywer Helen Fielding nie. Rubrieke wat sy tussen 2005 en 2006 vir The Independen­t geskryf het, was die inspirasie daarvoor. Helen (58) het die karakter juis in 1995 geskep in ’n rubriek vir dié koerant.

In die derde Bridget Jones-boek, Mad about the Boy (2013), is Bridget ’n ma van twee en ’n weduwee ná haar geliefde Darcy se dood, maar hierdie boek is nog nie verfilm nie.

Die eerste boek in dié reeks, Bridget Jones’s Diary, was ’n wegholtref­fer toe dit in 1996 verskyn. Renée, ’n Amerikaner uit Texas, het die rol van Bridget, ’n vrou in haar 30’s wat in Londen woon, voor Britse aktrises soos Kate Winslet en Rachel Weisz weggeraap. Sy was toe 32 en het al naam gemaak teenoor Tom Cruise in die rolprent Jerry Maguire (1996). Sy het 9 kg vir die rol aangesit en moes ’n Br Britse aksent aanleer. Om haar vir die rol voor te berei, het sy d drie weke by ’n Londense uitgew wersfirma gaan werk sonder d dat die ander personeell­ede g geweet het wie sy is. Sy het tele lefone beantwoord, koffie aang gedra en selfs skindersto­ries vir p poniekoera­nte geskryf oor die Amerikaner wat die Britte se geliefde Bridget Jones op die skerm sou speel.

Een kollega, Alexandra Heminsley, het wel kopgekrap oor

 ??  ?? Die Britse skryfster Helen Fielding is die meesterbre­in agter Bridget Jones.
Die Britse skryfster Helen Fielding is die meesterbre­in agter Bridget Jones.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa