Huisgenoot

4 DIE LIEFDE OORWIN NIE ALLES NIE

-

houding lewend te hou en vorentoe te laat beweeg.

Daarenteen het traak-my-nieagtighe­id tussen lewensmaat­s gewoonlik die einde van ’n huwelik ingelui.

Wanneer kliënte ons kom spreek het wat hul skouers opgehaal, gesug en gesê het: “Wat kan ek doen? Dit help tog nie ek stry nie,” was dit ’n teken dat hulle die verhouding (emosioneel) verlaat het en geen begeerte gehad het om daaraan te werk nie. Maar belangrik: Ons het ook gesien dis die wyse waarop paartjies konflik hanteer, nie dit waaroor hulle stry nie, wat bepaal of hul verhouding op ’n egskeiding gaan uitloop.

Wanfunksio­nele konflik neem baie gedaantes aan: van ’n geskree en gebreek tot weiering om deel te neem, emosionele afpersing en kinderagti­ge nukkerighe­id. As jy kan rusie maak sonder om jou aan een van hierdie slegte gewoontes skuldig te maak, het jy ’n baie beter kans om probleme op te los. leefstyl of kinders ernstiger is as seksproble­me. Maar wat buite die slaapkamer gebeur, het ’n groot uitwerking op wat daarbinne gebeur. As jy nie gaaf met jou maat is en hom of haar respekteer nie, is daar ’n groter kans dat jou sekslewe sal versleg of selfs doodloop.

Opnames toon dat meer as twee derdes van getroude mans en die helfte van getroude vroue al ’n affair gehad het. Ontrouheid is beslis ’n algemene oorsaak van egskeiding­s.

Die verkulde eggenoot kan dikwels nie verklaar hoekom sy of haar maat ontrou was nie – en dit is ’n mite dat affairs net oor seks gaan.

Trouens, ons dink die rede waarom mense ’n affair het, is hoofsaakli­k irrelevant. Dis hoe elke eggenoot ontrouheid beskou wat sal bepaal of die verhouding verbrokkel.

Party van ons vergewe dalk ons maat se ontrouheid keer op keer. Ander beëindig ’n verhouding ná net een voorval.

Nie een van ons weet regtig wat ons sal doen tot so ’n situasie ons in die gesig staar nie. Maar een ding is vir seker: Wanneer ons hoor ons maat was ontrou, sal die meeste van ons elke aspek van ons lewe bevraagtek­en; en dit sal moeilik wees om ons vertroue terug te wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa