Huisgenoot

VOORSIEN . . .

Dit is aanloklik om lewensvers­ekering te staak as jy begin swaar trek. Maar dié ‘besparing’ kan jou en jou geliefdes duur te staan kom

- (Blaai om) Deur RICHARD VAN RENSBURG

LENTE is nie net ’n tyd vir huis opruim nie – gaan ook deur jou begroting en kyk wat jy daar kan regruk. In sulke tye duik een vraag dikwels op: Moet ek getrou elke maand my premie vir lewensvers­ekering betaal? Wat help dit my regtig, veral as ek jonk en finansieel gesond is?

Versekerin­g is maar altyd iets waarvoor ’n mens teësinnig betaal, sê Warren Ingram, bekroonde finansiële beplanner. Niemand wil glo hulle kan skielik sterf of in ’n ongeluk beseer word nie. Om dit te vererger, is versekerin­gsprodukte dikwels onnodig ingewikkel­d.

Maar omdat lewensvers­ekering jou en jou geliefdes teen talle risiko’s beskerm, kan dit net soos jou huis of pensioen as ’n bate beskou word, sê Nico Swart, Unisa-lektor en skrywer van Personal Financial Management.

Die meeste Suid-Afrikaners is onderverse­ker, waarsku Peter Cronje, hoof van bemarking by OUTsurance. Mense weet dikwels nie hoeveel hul afhanklike­s in hul afwesighei­d nodig gaan hê nie.

“Party beskou lewensvers­ekering as ’n ‘luukse item’ en verkies om onder finansiële druk hul lewenspoli­s te kanselleer eerder as om byvoorbeel­d hul vermaakbeg­roting af te skaal.”

Dit gaan alles daaroor om jouself en jou geliefdes – finansieel afhanklike­s – teen ’n verlies aan inkomste te beskerm, verduideli­k Warren. Indien jy as brood-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa