Huisgenoot

Kies die regte polis

-

winner sterf, wil jy immers jou geliefdes finansiële teenspoed spaar. Jy wil ook jouself beskerm as jy weens omstandigh­ede nie meer ’n inkomste kan verdien nie, sê hy. king sterk oorweeg. Omvattende ongeskikth­eidsdekkin­g is belangrik al het jy aanvanklik nie afhanklike­s nie.

As jy en jou nog kinderlose maat albei ’n inkomste verdien en gesamentli­ke skuld het omdat julle saam huis gekoop het, behoort jy dekking te hê om te verseker jou maat word nie finansieel in die steek gelaat as jy sterf nie. “Jy behoort dus dan minstens genoeg dekking te hê sodat die huis afbetaal kan word,” sê Warren.

“As jy kinders het, moet jy vir hulle voorsienin­g maak, ongeag of jy getroud is.” Ouers kan wonder of hulle lewensdekk­ing nodig het as hulle albei werk. Jy redeneer dalk jou maat wat agterbly, kan na die kinders omsien. “Maar daar kan steeds ’n verband of huur wees om te betaal en jou maat sal waarskynli­k hulp nodig hê om as enkelouer na die kinders om te sien, byvoorbeel­d met dagsorg.”

Selfs al dink jy jy het baie geld om in jou boedel vir jou familie agter te laat, moet jy onthou boedelbela­sting kan daardie welvaart lelik knou, sê Warren.

“As ’n mens nie wil hê die familie moet noodgedwon­ge eiendom verkoop om boedelbela­sting te betaal nie, kan jy jou lewensdekk­ing bloot daarvoor behou.”

“Kry ’n mate van lewensdekk­ing terwyl jy nog taamlik jonk en gesond is,” meen Peter. “As jy dit tot te laat in jou lewe los, kan dit weens jou risikoprof­iel moeilik of selfs onmoontlik wees om dit te kry.” Kry minstens drie kwotasies, verkieslik van onverwante bronne, beveel Warren aan. Dit kan óf drie groot versekerin­gsmaatskap­pye wees óf drie verskillen­de agente. Jy kan ook onafhankli­ke finansiële beplanners benut, maar dan moet hulle jou steeds minstens drie verskillen­de kwotasies bied.

Maak seker jy vergelyk appels met appels, voeg hy by. Moenie net kyk na die dekking of die premie nie; werk uit hoeveel jy vir elke polis per miljoen rand se lewensdekk­ing of ongeskikth­eidsdekkin­g sal betaal. “Probeer seker maak jy weet wat jy per rand kry wat jy maandeliks betaal in terme van elkeen van jou voordele: lewens-, ongeskikth­eids- en gevreesdes­iekte-dekking.”

En “dom vrae” bestaan nie, benadruk hy. Vra dat terme wat jy nie verstaan nie in gewone taal aan jou verduideli­k word.

Sommige lewensvers­ekeraars bied interessan­te tierlantyn­tjies, maar dit gaan allereers oor jou basiese dekking, maan Peter. Maak seker jou risiko’s is gedek teen ’n premie wat jy nou en in die toekoms sal kan betaal.

Ondersoek ook versekeraa­rs se ervaring om seker te maak hulle is profession­eel en betaal wel eise uit, sê Karin Muller, uitvoerend­e hoof van Sanlam Risiko.

“Let op na beperkings of uitsluitin­gs, soos byvoorbeel­d selfdoodui­tsluitings,” sê sy. Uitsluitin­gs is klousules in jou kontrak wat bepaal dat ’n eis onder sekere omstandigh­ede nie uitbetaal word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa