DOODRAAISEL VAN 74 JAAR
Rita vertel hoe sy vandag steeds wonder oor r die dood van haar suster Bettie Smith, wat destyds tot ‘SA se mees sensasionele moorddsaak’ gelei het
DIE naam Bettie Smith is vandag al byna vergete nadat dit dekades gelede op almal se lippe was. Maar in haar huis in St. Helenabaai aan die Kaapse Weskus wonder Bettie se suster Rita Potgieter steeds oor die gebeure van daardie Saterdagnag toe haar ousus so raaiselagtig gesterf het dat dit die land jare lank aan die praat gehad het.
Bettie was net 16 jaar oud, ’n skoolmeisie in ’n wit rok, toe sy die laaste keer lewend gesien is by ’n opvoering wat sy in die kerksaal op die Namakwalandse dorpie Nuwerus bygewoon het. Die volgende oggend is haar lyk langs ’n spruit aangetref nadat sy skynbaar verdrink het.
Eers 11 jaar later, in April 1953, sou haar naam in Huisgenoot verskyn toe die onbeantwoorde vrae oor haar dood eindelik op “Suid-Afrika se mees sensasionele moordsaak” uitgeloop het. Dit was die heel eerste misdaadraaisel waaroor Huisgenoot geskryf het, soos ons in ons eeufees-gedenkboek vertel (Grudade op die lappe, Huisgenoot 100).
Vir Rita (78) het dit baie herinnerings teruggebring toe sy op die brokkie oor haar suster in die gedenkboek afkom. “Dit is baie jare gelede, maar die wonder is maar altyd daar,” het sy in ’n brief aan Huisgenoot geskryf.
Waar sy nou met ’n koppie koffie by haar kombuistafel sit, vertel sy sy en haar susters Mara Toms (70) en Kita Hanekom (79) praat nog baie oor Bettie wanneer hulle mekaar bel. Net hulle drie is oor van hul ouers se nege kinders.
Bettie was die naasoudste en sou nou 90 gewees het. “Ons wonder of sy sou getrou het en wat sy dalk met haar lewe sou gedoen het.”
MET Bettie se dood was hulle ’n hegte gesin van drie broers en vier susters wat saam met hul ouers, Gert en Kato, op die plaas Klipbank, naby Nuwerus, gewoon het. Die jongste twee kinders in die gesin is eers later gebore.
“Ek onthou elke Desember nog goed,” vertel Rita. “Suster Bettie het die 25ste, op Kersdag, verjaar en ons moes die huis ’n paar dae voor die tyd uitwit.”
“Uitwit” het beteken dat elke muur in die huis afgewas word sodat alles skoon en netjies sou wees vir Bettie se verjaar- dag en die familie se groot Kersviering.
“Ek onthou die jare op die plaas baie goed; dit was ’n lekker lewe,” dink Rita terug. “Maar ná daardie dag – 12 April 1942 – het alles vir ons gesin verander. Kersfees was ook nooit weer dieselfde vir ons nie.”
Daardie tweede naweek in April was dit Nagmaalnaweek op Nuwerus. Gert en Kato wou die kinders reeds die Saterdagoggend agter op die perdekar laai en die tog van 30 km dorp toe aanpak.
Rita was toe vier jaar oud. “Dit was omtrent ’n hele dag se ry met die perdekar,” vertel sy. “Ons moes die oggend vroeg in die pad val om die aand vir die okkasie daar te wees.”
Die NG kerk het daardie aand ’n toneelstuk, Die Bekeerde Jood, op die dorp aangebied en almal in die omgewing het na die kerksaal opgetrek.
Bettie, ’n mooi 16-jarige blondekop- meisie, het in die skoolkoshuis op die dorp gebly. Sy sou haar ouers, broers ers en susters by die kerksaal ontmoet.
“Bettie het gevra my pa moet vir r haar ’n skaapribbetjie saambring watt sy en haar koshuismaats later kon braai,” ai,” onthou Rita.
Maar toe die gesin daardie Saterdagerdagoggend wou dorp toe ry, was die perde skoonveld. “Pa het toe besluit ons sal maar die volgende oggend Nuwerusrus toe ry wanneer die perde terugkom.”
SY HOOR nog in haar kop die harde, aanhoudende geklop aan die deur iewers in n die vroeë oggendure op Sondag ndag 12 April 1942. “Ek het in my bed gelê, wawyd wakker van die lawaai. “Toe hoor ek pa staan op en vra wie by die deur is.”