ONS KRULKOPDOGTERS: REËLS KAN HULLE KNOU
Skoolreëls wat nie vir alle haarsoorte voorsiening maak nie, sny diep, vertel twee ma’s
JY VERTEL jou kind gereeld sy is pragtig, al is haar hare nie so lank en reguit soos die prinsesse op TV s’n nie. Maar dan hoor jy ’n juffrou beskryf ’n meisie se natuurlike haredos (nes jou lieflingdogter s’n) as ’n “voëlnes” en jy raak woedend. Die herrie wat onlangs losgebars het oor die haarriglyne by die Pretoria High School for Girls het baie mense in ons land laat vra: Hoekom moet leerders se haarstyl by ’n Eurosentriese standaard van netheid inpas? Die skool het by navraag gesê hy kan nie met die media praat nie. Panyaza Lesufi, Gautengse lid van die uitvoerende raad vir onderwys, het intussen beveel dat die skool se gedragskode hersien word. Vir twee ma’s, Eddie Maluleke en Natalie Cavernelis, is dit nie net ’n mediadebat nie; dit raak hulle persoonlik. Hulle kyk na hul krulkopdogters en wonder hoe hulle hul godgegewe hare op skool sal mag dra. Eddie Maluleke sê haar dogter, Noah, is met lieflike krulhare gebore en verdien om haarself te aanvaar soos sy is. #Woke-jareWoke jare (’n tyd van bewuswording van gemeenskap, rassisme en maatskaplike ongelykheid) oorheers het. Ek hoop werklik dit is alles in die geskiedenisboeke weggebêre teen die tyd dat my dogter oor 10 jaar hoërskool toe gaan. Ek hoop werklik dinge is teen daardie tyd so anders dat sy haar met baie groter en belangriker dinge sal besig hou.
Nooit sou ek kon dink selfs vandag se jong swart meisies sal moet veg teen die polisiëring van hul liggaam nie – dat hulle aangesê sal word hoe hulle hul hare moet dra en wat die regte afmetings van hul kartels is nie. Hoe verkeerd was ek nie. Hoekom moet swart meisies steeds baklei teen ’n stelsel wat swart vroulikheid probeer onderdruk?
Wat die groter Suid-Afrika nie verstaan nie, is dat swart vroulikheid ’n oorlog-