Huisgenoot

EDDIE SE BRIEF

-

MY DOGTER, Noah, is met die lieflikste bos swart krulhare gebore. Dit was ’n volmaakte mini-Afro en ek was so trots dat ek en my man, ’n Namibiër, ’n kind met “goeie hare” in die lewe gebring het.

Mettertyd het haar sysagte hare begin kroes, maar al wat dit nodig gehad het om dit sag en blink te hou, was ekstra sorg in die vorm van galambotte­r en natuurlike olies. Vandag, op driejarige ouderdom, is my dogtertjie se hare dikker en langer as wat myne die afgelope 15 jaar was.

Ek het nog altyd vir my dogter swart poppe met swart krulhare gekoop sodat sy grootword met die wete dat haar vel en haar hare volmaak is soos dit is. Ek was so trots toe sy onlangs na haar pop wys en toe na haarself en sê: “Mamma, kyk: Ek bruin; Dolly bruin. Ons bruin.”

Sukses! Ek het ’n kind grootgemaa­k wat trots is op haar bruin vel en haar krullebol. Ek het haar die regte fondasie gegee vir ’n lewe van selfliefde waar sy nooit minderwaar­dig sal voel oor die kleur van haar vel of die tekstuur van haar hare nie. Dit is belangrik, want jare lank het ek my kopvel verbrand om my hare teen hul natuurlike grein te probeer reguit maak – om die prentjie te skep wat by my ingeprent is as “netjiese en profession­ele” hare.

Ek wou dit nie vir my dogter hê nie – om lewenslank soos die ander te probeer lyk en dit nooit heeltemal reg te kry nie, want jy weier om jou ware self te aanvaar. Ek onthou die politiek wat my

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa