Huisgenoot

SERENA SE PRETBEDERW­ER

- L

DIE linkshandi­ge Angelique is die tweede Duitse vrou, ná Steffi Graf, wat die e Amerikaans­e Ope in die 136 6 jaar van dié toernooi se be- staan wen. Steffi, wat op p haar dag 22 Grand Slams s gewen het, is ook Angelique e se mentor.

Die 28-jarige Angelique was agt jaar oud toe Steffi in 1996 haar laaste titel wen. Steffi was ook die laaste Duitser wat op Wimbledon gewen het.

“Natuurlik gaan ek probeer om die volgende Duitser te word wat op Wimbledon wen,” het Angelique al gesê. “Steffi het vir my gesê ek moet in myself glo en die tyd sal aanbreek dat ek die titel sal wen.”

Sy bring gereeld tyd in Las Vegas deur aan huis by Steffi en haar man, die tennisspel­er Andre Agassi. Daar oefen Angelique en Steffi dikwels saam.

Sy het in ’n emosiebela­aide onderhoud ná haar eerste Grand Slam-titel gesê Steffi het haar ten volle ondersteun. “Ek het voor die wedstryd heeltyd my foon dopgehou om te sien of sy vir my ’n boodskap gestuur het.”

Angelique het in ’n tennisfami­lie in Bremen, Duitsland, grootgewor­d. Haar pa, Slawomir, was haar tennisafri­gter toe sy jonk was. Hy het haar as driejarige die eerste keer ’n tennisrake­t laat optel.

“Ek was nog altyd mal oor sport – eintlik enige sport!” het sy aan Tennis Now vertel.

Sy was ook ’n kranige swemmer, maar haar passie vir tennis het aanhou groei en mettertyd het sy uitsluitli­k op tennis N DIE sosiale media is Angelique een van die gewildstes onder ’n jong geslag tennisspel­ers. Sy het meer as 168 000 aanhangers op Twitter, en as ’n mens haar daar volg, sien jy gou sy swoeg en sweet nie net heeldag om haar volgende Grand Slam te wen nie. Sy neem gereeld selfies waar sy in die Maledive skubaduik, in Parys fietsry of die strate rondom Times Square in New York verken.

“Die ergste van so in die son baljaar, is die irriterend­e sonbrandme­rke wat jy op jou voete kry van plakkies dra,” spot sy.

Tans geniet Angelique die son en see sonder die geselskap van ’ n spesiale kêrel. Haar enigste liefde is tennis en sy het nog nie iemand spesiaals ontmoet nie. Maar dit skeel haar min.

“My span is amper altyd by my. Ek voel nooit eensaam nie. Ek is altyd omring deur mense wat vir my omgee. Ek verlang baie terug huis toe, maar voel nooit eensaam nie.” LINKS BOBO: AAngelique­li hhet iin hhaar lloopbaanb nege enkelspelt­itelsk l gewen, waarvan twee Grand Slam-titels is. REGS BO: Sy is baie geheg aan Steffi en dié se man, Andre Agassi. begin fokus. In 2003 het sy as 15-jarige profession­eel begin tennis speel en die wêreld vol getoer.

“Jy is altyd gelukkig as jy reis, asemrowend­e plekke sien en interessan­te mense ontmoet. Ek mis soms my familie, maar ’n tennisspel­er se loopbaan is kort en ’n mens moet die beste daarvan maak.”

In 2011 het sy haar eerste groot deurbraak gehad toe sy die halfeindst­ryd van die Amerikaans­e Ope haal. Sy was toe no. 92 ter wêreld.

Hoewel sy in Duitsland grootgewor­d en haar ma, Beata, Duits van geboorte is, kom haar pa van Pole en het sy self later na dié land verhuis.

“My ma, suster en soms my ouma sal partykeer saam met my op toer gaan. Ons soek dan gereeld Poolse restaurant­e uit om by te gaan eet. Dit voel dan so ’n bietjie asof ons tuis is.”

Angelique is hegte vriende met ’n paar tennisspel­ers wat Pools magtig is, onder wie Andrea Petkovic, Agnieszka Radwanska en Caroline Wozniacki. Sy sê sy geniet dit om met hulle Pools te praat.

Sy woon tans in Puszczykow­o, Pole, waar haar oupa Janusz Rzeznik, ’n wel- gestelde Poolse sakeman, ’n tennissent­rum in haar eer gebou en na haar genoem het.

IBRONNE: DAILY MAIL, TENNIS NOW, LOS ANGELES TIMES, THE NATIONAL, EXPRESS, EURO SPORT, CNN, INTERNATIO­NAL BUSINESS TIMES, FORBES, THE GUARDIAN Toe Angelique Kerber vir Karolina Pliskova in die eindstryd van die Amerikaans­e Ope klop, het sy Serena Williams se planne vertraag om die grootste rekord van haar lewe op te stel. Saam met Steffi Graf het Serena die naasmeeste Grand Slam-titels agter haar naam – 22. Maar hulle is albei nog twee titels agter Australië se Margaret Court, die algehele voorloper, wat op haar dag 24 Grand Slams gewen het.

Serena werk hard om Margaret in te haal. As sy vanjaar die Amerikaans­e Ope gewen het, sou sy Steffi verbygeste­ek het om alleen tweede te wees. Maar toe kom Angelique.

“Ek het voor die wedstryd slapelose nagte gehad,” het Serena aan CNN vertel. “Ek het elke keer so naby daaraan gekom en dan het dit nie gerealisee­r nie.”

Volgens die finansiële tydskrif Forbes is Serena, die wêreld se bes betaalde sportvrou, sowat $28,9 miljoen (R434 miljoen) werd. Sedert Oktober verlede jaar is die man aan haar sy Alexis Ohanian, stigter van die gewilde webstuiste Reddit.

 ??  ?? ltit
ltit
 ??  ?? REGS: Angelique geniet dit om al die plekke te verken waar sy gaan tennis speel. “Die ergste van so in die son baljaar, is die irriterend­e sonbrandme­rke wat jy op jou voete kry van plakkies dra,” lag sy.
REGS: Angelique geniet dit om al die plekke te verken waar sy gaan tennis speel. “Die ergste van so in die son baljaar, is die irriterend­e sonbrandme­rke wat jy op jou voete kry van plakkies dra,” lag sy.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa