Die saak vir gratis hoër onderrig
op die middelklas, die mense wat die meeste belasting betaal, is reeds so geweldig groot dat hulle verarm. “En vir stabiliteit het ’n land juis ’n groot, bestendige middelklas nodig.”
Al manier om geld te kry om arm studente te subsidieer is om te herprioritiseer en staatsuitgawes te besnoei, sê hy. Die staatsdiens moet verklein en onnodige staatsprojekte gestaak word. “Ja, studente kan gerus vra hoe die regering die verliesmakende Suid-Afrikaanse Lugdiens nou weer ’n R5 biljoen-waarborg kan gee, maar hulle nie verder wil help studeer nie.” Akademia is ’n voorbeeld in die kleine.
Die Cape Town College of Fashionhion Design is nog een van verskeie voorbeelde van nis-instellings wat hulle op ’n bepaalde veld toespits. Dié gevestigde instansie roem hulle op opleiding wat ontwerpers behoorlik toerus vir hul bedryf.
“Buitelandse universiteite kan ook toenemend hier kampusse oprig,” sê Dawie. “Monash van Australië [65ste op die jongste QS-ranglys] is reeds hier.
“Daar is beslis ook geleenthede hier vir universiteite met ’n bepaalde kulturele, etniese of godsdienstige inslag, byvoorbeeld ’n Katolieke universiteit.” Moet studente dan heeltemal afsien van gratis onderwys? Dit werk tog in lande soos Duitsland.
Anders as in Suid-Afrika, het sulke lande baie belastingbetalers wat genoeg geld in die staatskas ploeg, sê Hussein. Hier betaal net sowat 5 persent van die arbeidsmag verreweg die meeste van die persoonlike belasting.
“Vrystelling van klasgeld kom sporadies in ontwikkelende lande voor, byvoorbeeld in Brasilië en Argentinië,” sê Anton. “Maar die betrokke universiteite word selde hoog aangeskryf.”
Tog stem nie almal saam dat gratis hoër onderrig onhaalbaar is nie. Fasiha Hassan, Wits-studenteraadslid en voorvegter vir gratis onderrig, sê hulle gaan aanhou baklei vir hul saak.
Volgens haar help dit min dat die mi- nister ’n gesubsidieerde verhoging vir die armes aanbeveel. Hy vergeet dat “universiteite reeds vir die meeste huishoudings ontoeganklik is”.
Die owerheid kan gratis onderwys moontlik maak as hulle herbesin oor staatsbesteding, sê prof. Salim Vally, direkteur van die Sentrum vir Onderwysregte en Transformasie aan die Universiteit van Johannesburg.
Die staat kan nie verwag dat burgers net geduldig moet wag op beter tye en ‘selfsugtige studente’ daarvoor verkwalik dat hulle hulpbronne wil vat wat elders toegeken is nie, reken hy.
Hy meen as die staat gratis universiteite wil finansier, kan hulle geld bekom deur byvoorbeeld die onwettige uitvloei van kapitaal na die buiteland hok te slaan en meer belasting te eis van superrykes (dié wat meer as R7 miljoen per jaar verdien of R70 miljoen werd is).”
In ieder geval, dit sal ’n onding wees om mense hoër onderwys te ontneem net omdat hulle te arm is om die klasgeld te betaal, sê David.
Universiteite speel ’n baie belangrike rol in ekonomiese groei en ’n gesonde samelewing. Afgestudeerdes kry dikwels lonende poste, ’n belangrike aspek in ’n land wat dringend nog belastingbetalers nodig het. Voorts bevorder opgevoede mense die demokrasie en ’n aktiewe burgerlike samelewing. EKSTRA BRONNE: THECONVERSATION.COM, NETWERK24.COM