Huisgenoot

DIE KRONIEKE VAN NARNIA

Al sewe boeke in C.S. Lewis se beroemde reeks is nou Afrikaans

- Die vertaler, Kobus Geldenhuys.

SO BYNABYNA het ons nie C.S. Lewi s se kl klassieke Narniare reeks in Afrikaans g gehad nie.

“Al sewe boeke w was volledig vert taal en geredigeer, maar ek het dit nogno nie vir die uitgewer gestuur nie, want ek wou ’ n paar dinge finaliseer,” vertel Kobus Geldenhuys, die vertaler. “Toe word my rekenaar uit my huis gesteel. Maar wonder bo wonder was daar in die kas ’n geheuestok­kie met die manuskript­e veilig daarop. Ek sou beslis nie kans gesien het om so ’ n groot taak weer van voor af aan te pak nie.”

Daaroor sou ’n mens hom nie kon kwalik neem nie, want dit is ’n reusetaak wat spesialisk­ennis verg. Dit is nie net vir Google Translate se knoppie druk nie. Kobus, wat nou al amper 40 jaar lank vertaal, vertel waar dit begin het. “Ek’t op universite­it tale studeer, onder meer Frans en Duits, en toe op ’n vryskutbas­is Europese TVprogramm­e vir die SAUK se destydse oorklankin­gsdepartem­ent vertaal. Dit was ’n wonderlike leerskool.”

Die rugbreekwe­rk om ’n skrywer se kosbare skryfsel net so lewend soos in sy oorspronkl­ike taal te maak vereis meer as ’ n agt- tot- vyf- houding. “Ja, vertaling is een van my passies, veral wanneer die stof opwindend is. Soos die reeks Hoe om Jou Draak te Tem deur Cressida Cowell.”

Cressida was die eerste kinderboek­skrywer wat die Philosophy Now-prys ontvang het vir haar bydrae tot die EKSTRA BRONNE: GUARDIAN.COM, BOOKS.GOOGLE.COM stryd teen onnoselhei­d. “Ek het ook heerlik vertaal aan Roald Dahl,” vertel Kobus. “Die groot toets van ’n vertaling is of dit idiomaties­e Afrikaans is. Met Narnia se sewe boeke moes ek kophou om konsekwent te bly.

“Puriste stem nie altyd saam nie,” sê Kobus, “maar ek glo (oorwegend) in woordgebru­ik waarmee moderne jong lesers vertroud is en wat hulle nie onnodig van die vertaling distansiee­r nie. Ek sê hiermee nie Lucy, Peter, Edmund en Susan moet op pleks van perde ry nie.”

Die eerste vier Narnia-boeke is tevore reeds vertaal. “Ek het dit oorvertaal om in te pas by die styl van die laaste drie, wat ek eerste in Afrikaans vertaal het. Dit is dus die eerste keer dat die volledige reeks beskikbaar is,” vertel Kobus.

Hoe gemaak met name, soos die Afrikaanse Harry Potters, waar die karakters se name verander is?

“Name moet myns insiens getrou bly aan die oorspronkl­ike taal. Die ou dae toe alle vreemde name verafri- kaans is, is lankal verby.

“Ek en my uitgewer het in Narnia wel besluit om die spelling van sommige name te verafrikaa­ns, soos prins Caspian, wat prins Kaspian geword het. Wat Harry Potter betref: Sommige name is aanvanklik verafrikaa­ns, maar toe ek met die laaste twee boeke oorneem, het ons besluit om by die Engelse name te hou. Die films was toe al uitgereik. Buitendien, dit speel in Engeland af; dus sal daar byvoorbeel­d nie ’n Hermien in dieselfde klas as Harry en Ron wees nie.”

Nog ’n reël waarby Kobus hou, is om te vertaal, nie te herskryf nie. “Daar is ’n uitdrukkin­g: vertaler, verraaier. Ek skryf nie die boek nie; dit was die skrywer se werk. My werk is om dit getrou te vertaal en nie my eie stertjie by te las nie.”

Die boeke is uitgegee deur Protea Boekehuis en kos R145 elk* by takealot.com.

* DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAF KENNISGEWI­NG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa