Huisgenoot

WAS DIT ’N VALS BEKENTENIS?

Noudatudat die jong man wat hom oorgegeege­gee het vir die moord op Anikaka Smit beweer hy kan niks vann die moorddag onthou nie, is daar nuwe vrae

- Deur JANAANA VAN DERDERMERW­EMERWE

DIT is al langer as ses jaar sedert die afgryslike moord op die Pretoriase blondekopt­iener Anika Smit mense landwyd geruk het. En meer as ses jaar lank het hulle bly gis oor die identiteit van die moordenaar en wat hy met Anika se afgekapte hande gedoen het. Toe stap ’n jong man onlangs doodluiter­s ’n polisiekan­toor binne en beken hy is die moordenaar . . . Eindelik is die raaisel opgelos. Of nie?

André “Smiley” van Wyk (24) het Anika geken. Hulle was leerders aan die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria-Noord en het in dieselfde sosiale kringe beweeg. Hy is aangekla weens moord, verkragtin­g en lykskendin­g. Maar toe, op 26 September, nege dae nadat Smiley Pretoria-Noord se polisiekan­toor binnegesta­p het, kom die kinkel in die kabel: Hy beweer in die landdrosho­f hy kan niks van 10 Maart 2010, die dag van die moord, onthou nie.

Die hof het gelas die klein geboude Smiley moet 30 dae in die psigiatrie­se hospitaal Weskoppies deurbring. Daar moet bepaal word wat sy geestestoe­stand was toe hy na bewering die moord gepleeg het en of hy in staat sou wees om tussen reg en verkeerd te onderskei.

Twee vrae het dus nou ontstaan: Is hy werklik skuldig, soos hy aanvanklik self verklaar het? En is hy toerekenin­gsvatbaar om verhoor te word? Die doel van die evaluasie in Weskoppies is om die tweede vraag te beantwoord. Oor die eerste vraag is daar reeds twyfel.

’n Vriendin van die verdagte het op voorwaarde van anonimitei­t aan Huisgenoot gesê sy het saam met hom in Die Watergat, ’n kuierplek in Pretoria, gekuier die nag voor hy hom oorgegee het. “Ek ken Smiley al van skooldae af. Hy was net so vriendelik soos altyd, glad nie op sy senuwees of so iets nie.”

Sy ouers, Jan en Judie, is ewe onkant betrap. “Ek kan jou nie sê waarom André hom aan die polisie oorgegee het nie, want ek weet nie,” het Judie op die gesin se hoewe op Onderstepo­ort noord van Pretoria aan Rapport gesê. “Hy weier om met my daaroor te praat en ek het opgehou om hom daaroor uit te vra.”

En ’n oudpolisie­beampte wat met die Anika-saak vertroud is, het aan Huisgenoot gesê: “Dit blyk die polisie is nie baie oortuig dit is hy nie.”

Bitter min DNS is op die moordtonee­l gevind en dit is nog nie met Smiley s’n vergelyk nie, het nog ’n polisiebro­n aan ons gesê. “’n Mens sal maar moet kyk wat die psigiaters bevind en of dit alles net lugkastele is,” het hy gesê.

Die vraag is nou of Smiley dalk vrywillig ’n vals bekentenis afgelê het. En indien wel, hoekom?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa