HOEKOM DOEN MENSE DIT?
’n mens sou dink,dink verduidelik prof.prof Dap Louw, ’n buitengewone professor in die departement sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.
So byvoorbeeld het meer as 200 mense skuld beken aan die moord op die Amerikaanse lugvaartpionier Charles Lindbergh se babaseun, Charles jr. Maar Richard Hauptmann, wat in 1936 vir die moord tereggestel is, het tot die einde skuld ontken.
Anna vertel daar was ook vals bekentenisse in die opspraakwekkende moorde op OJ Simpson se eks Nicole Brown Simpson en Ron Goldman in 1994.
En ook in Suid-Afrika is die verskynsel nie onbekend nie. So byvoorbeeld het ’n ander reeksmoordenaar aanspraak gemaak op een van die reeksverkragter en -moordenaar Moses Sithole se slagoffers. Prof. Anni Hesselink van Unisa se departement kriminologie en sekerheidswetenskappe vertel Sithole was baie verontwaardig daaroor en het daarop gewys dis sy slagoffer.
Wat Smiley betref, is dit “baie vreemd D Daar kan verskeie redes wees, s sê Dap. “Sommige mense het d die behoefte om tot elke prys b bekend te wees. So iemand wil d dalk hul selfbeeld en eiewaarde v verhoog.”
Dap vertel die mens se delusie dat hy ’n moord gepleeg het, kan soms spruit uit skuldgevoelens oor ’n ander (dikwels minder ernstige) misdaad wat hy gepleeg het en waarvoor hy gestraf wil word. Vals bekentenisse kan ook gedoen word om iemand anders te beskerm.
Volgens Dap kan dit ook gebeur dat iemand nie tussen die werklikheid en fantasie kan onderskei nie. “Sommige mense kan so emosioneel by ’ n saak betrokke raak dat die onderskeid tussen feit en fiksie verdwyn,” sê hy.
En “ek kan nie onthou nie” is een van die bekendste verskonings wat mense aanvoer wanneer hulle weens veral geweldsmisdaad aangekla word. Dikwels is dit bloot ’n leuen.
Werklike geheueverlies wat deur sielkundige faktore veroorsaak word, is baie seldsaam.
“Die feit dat iemand amnesie vir ’n bepaalde misdaad het, dra eintlik min gewig. Omdat amnesie gewoonlik ná die