Huisgenoot

‘ ’N TREE TERUG VIR GAY MENSE’

Joe Foster sê hoekom hy meen ’n uitlating deur Rudi Claase het skade aangerig in ’n gemeenskap wat reeds verward is oor seksualite­it

- Deur JANA VAN DER MERWE

AS EEN van die drie hartebreke­rs in die mansgroep Adam het hy die meisies omtrent laat swymel. En as solokunste­naar maak hy steeds aanhangers se knieë lam met sy skalkse glimlag en parmantige blonde kuif. Maar vandag het die sanger van Hartklank self iets wat hy wil sê. Joe Foster wil seker maak die wêreld weet: Om gay te wees is nie ’n keuse nie.

Dit is die artikel oor die sanger Rudi Claase se troue met Suzette Booysen op Mauritius wat Joe omgekrap het (Toe besef ek ek is weer heel, 29 September). Op sy Facebook-blad skryf Joe: “My liewe vriende, glo my nou as ek sê die boodskap wat Rudi hiermee uitstuur (dat hy ‘nou weer heel is’), is ’n leuen, of dan ten minste ongeloofli­k onverantwo­ordelik.”

Suzette ( 43) het namens die pasgetroud­e paartjie ontken Rudi (32) het met hierdie woorde bedoel hy is nou nie meer gay nie. (Lees die kassie.)

Rudi was voorheen getroud met sy bestuurder, Stephen Stewart.

Joe (32) skryf op Facebook: “Hy (Rudi) het die reg om te trou met wie hy ook al wil as dit hom gelukkig gaan maak, maar hy het ’n verantwoor­delikheid met die boodskap wat hy uitdra. ‘Nou is ek heel’ dra ’n boodskap uit dat al die ander mense wat nie soos hy (oor seksualite­it) kan besluit nie, gebroke is.”

Die Joe wat hier praat, is klaarblykl­ik sterker as die een wat in sy 20’s in die greep van depressie en met selfdoodge­dagtes vasgevang was en eindelik sy kop aan die Suid-Kaapse kus gaan skoonmaak het (Uit die donker gelig by die see, 12 Mei). Hy het nou vrede gevind.

Rudi het in die onlangse ar tikel ’n wond oopgekrap wat ’n groot deel van die gemeenskap “ongeloofli­k beïnvloed en aanroer”, vertel Joe. “Dit raak die hele groeiprose­s vir gay mense om nader te beweeg aan liefde en aanvaardin­g.”

JOE wou nie aan ons ’n persoonlik­e onderhoud toestaan oor sy Facebook-kritiek teen Rudi nie. Maar vanuit sy huis in Johannesbu­rg het hy ons navrae in ’n e-pos beantwoord – “nie as ’n nie, maar as lid van die gemeenskap”, het hy beklemtoon.

“Daar gaan beslis vandag mense wees wat dink: ‘Ja, Joe wil ook net hieruit bemarking kry. Dis hoekom hy reageer.’ Dis reg; ek weet ek kan nie almal hier gelukkig hou nie. Steeds gaan ek opstaan vir die minderheid wat hieronder ly,” het hy aan Huisgenoot geskryf.

“Ek as individu het geen reg om in te meng in Rudi se persoonlik­e lewe nie. Ek het ook nie die behoefte nie; dit is sy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa