Huisgenoot

SOOS BLITS – ’N BABALYFIE IN DIE WATER

-

DIS die afgryslike gesig ig wat geen ouma wil sien en nie: Een oomblik speel eel haar woelige kleinkindn­d nog naby haar voete in die agterplaas van die huis in Witbank; die ie volgende oomblik sien en sy die liggaampie waar dit skynbaar ar leweloos in die swembad dobber. Mariaan Ainslie (64) sal nooit daardiedie verskrikli­ke oomblik vergeet toe dié nagagmerri­e waar word nie. Sy was besig om wasgoed op te hang toe Miané (toe 1) haar wakende oog ontglip. “Wanneer ek nou die woord ‘swembad’ hoor, kry ek so ’n koue, bang gevoel. Ek dink ek sal lewenslank dié vrees hê.”

Dit was op 9 November verlede jaar. Miané (2) het nie verdrink nie, maar ernstige breinskade opgedoen. Terwyl kinders van haar ouderdom al loop, is Miané bedlêend, vertel haar ma, Claudette (33), in ’n telefonies­e onderhoud.

Die huis in Witbank waar Mariaan woon, behoort aan haar dogter Clautelle en dié se man, Jaco Herholdt. Claudette, ’n enkelma, en Miané het ook daar gewoon toe die ongeluk gebeur. Ma en dogter het intussen na Ifafa aan KwaZuluNat­al se suidkus verhuis.

Claudette vertel haar tweejarige dogtertjie praat ook nog nie, maar sy het “darem onlangs begin giggel”. Sy word elke drie uur met ’n buis gevoed en sukkel tans met ’n oor- en longontste­king.

Terug in Witbank vertel Mariaan sy het haarself aanvanklik baie verwyt. “Ek het jare lank kinders van werkende ma’s opgepas, maar so iets het nooit met een van hulle gebeur nie. Hoekom nou? Hoekom met my eie kleinkind?”

Sy wonder baie oor hoe dinge dalk anders kon uitgewerk het. “As ek net daardie dag soos sy kon gedink het . . .”

HAAR kleinkind was baie woelig, vertel Mariaan. “Ek het altyd gesê sy is my klein blitsie, want een oomblik staan sy nog langs jou; die volgende oomblik is sy weg.” Die dag van die ongeluk het Miané en haar niggie Hayley (3) naby Mariaan onder die afdak gespeel. Miané het in ’n stadium by haar ouma by die wasgoedlyn kom staan en gesels. Toe is sy na die honde se waterbak, en toe Mariaan ’n paar minute later rondkyk, was sy weg.

“Ek het om die hoek van die huis geloop om te gaan kyk waar Hayley en Deur Foto’s:

 ??  ?? JACQUES MYBURGH DINO CODEVILLA HOOFFOTO: Mariaan Ainslie het in November verlede jaar amper haar kleindogte­r Miané aan verdrinkin­g afgestaan. LINKS BO: Miané in die swembad.
JACQUES MYBURGH DINO CODEVILLA HOOFFOTO: Mariaan Ainslie het in November verlede jaar amper haar kleindogte­r Miané aan verdrinkin­g afgestaan. LINKS BO: Miané in die swembad.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa