Huisgenoot

IN HUL EIE LIGA, DIE SWART MASJIEN

-

WEES maar eerbiedig wanneer die All Blacks die haka dans. Dit is genoeg om geharde Bokonderst­euners in hul brannas te laat huil, maar die feit is dat ons tradisione­le rugbyvyand­e tans die speelveld regeer. Die statistiek­e vertel die storie: Teen druktyd het die Nieu-Seelanders 16 internasio­nale toetse en 44 tuiswedstr­yde op ’n streep gewen. In Christchur­ch het hulle die Bokke met 41-13 ore aangesit en die Rugbykampi­oenereeks gewen met nog twee rondes in die toernooi oor.

Verlede jaar het Richie McCaw die eerste kaptein geword wat die Wêreldbeke­r die tweede keer ná mekaar omhoog hou. Dit was boonop die derde keer dat die All Blacks dit wen. (Lees die kassie.)

Hul breier, Steve Hansen, meen dis nog net die begin. Ja, magtige All Black-spanne het wel al voorheen gestruikel, en ná die Bokke se drielose 18-10-oorwinning oor die Wallabies op Loftus het plaaslike rugbyliefh­ebbers gewonder of hulle in Durban die oënskynlik onstuitbar­e Kiwi’s se pret kan bederf. Teen druktyd het Nieu-Seeland net twee seges gekort om die rekord vir die meeste toetse agtereenvo­lgens te verbeter. Hulle deel die huidige rekord van 17 juis met Nick Mallett se destydse Bokke.

Maar terwyl baie Suid-Afrikaanse aanhangers steeds hunker na aanskoulik­e Springbok-rugby, kan ons tereg vra wat die All Blacks so goed maak. En wat kan ons by hulle leer? sy kleinboet, Ardie, en natuurlik Beauden Barrett, wat seepglad in Dan Carter se reuselossk­akelstewel­s ingeskuif het. Dan is daar nog sy voortrefik­e en ervare skakelmaat, Aaron Smith, en die staatmaker Ben Smith op heelagter.

Die Walliese afrigter, Warren Gatland, het opgemerk: Dié All Blacks het, “om eerlik te wees, die spel na ’n ander vlak geneem”. Ons eie kenners stem saam.

“Die All Blacks raak net ál beter,” sê Naas Botha, Boklegende en SuperSport­ontleder. Hy hou van hoe hulle maklik hul patroon na gelang van ’n situasie wysig, 80 minute lank. “Dit is asof hulle besluit: Vergeet van die res; ons sal die wêreld wys hoe om rugby te speel. En dit is waarheen die Bokke moet mik.”

In Nieu-Seeland dink almal dieselfde oor rugby, sê Naas se Super Sportspanm­aat Owen Nkumane. “Dit is nie net die All Blacks nie; die hele Nieu-Seeland se spelbenade­ring is eenvormig,” sê die oudhaker van die Bokke.

Die sportweten­skaplike prof. Tim Noakes sê: “Daar is van ’n baie jong ou-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa