Huisgenoot

KLAPPERRYS MET VARK EN GRONDBOONS­OUS

- 2 3 4

Thaise mense gebruik baie vars, eenvoudige bestanddel­e, asook bestanddel­e wat medisinale voordele inhou en heerlik geurig is. GENOEG VIR 8 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 35 min. RYS 375 ml (1½ k) jasmyn

rys 400 ml klappermel­k 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk 5 ml (1 t) sout 375 ml (1½ k) water SLAAI 10 ml (2 t) botter 5 ml (1 t) sesamolie 500-800 g varkfilet,

in blokkies gesny sout en peper 2 rooi soetrissie­s,

fyn gekap 1 rooikool, gekerf 375 ml (1½ k) fyn

gerasperde wortel ’n hand vol vars kol

jander, gekap 3-4 stingeluie,

dun gesny GRONDBOONS­OUS 80 ml ( k) grondboonb­otter 30 ml (2 e) heuning 15 ml (1 t) vars gemmer,

fyn gerasper 30 ml (2 e) rysasyn 5 ml (1 t) sesamolie 60-80 ml (¼- k)

water 45 ml (3 e) sesamsade,

gerooster suurlemoen­skyfies

Rys

Spoel die rys goed af tot die water helder deurloop. Meng die rys, klappermel­k, knoffel, sout en water in ’n kastrol. Bedek en verhit tot kookpunt. Sodra die pot se inhoud borrelend kook, verlaag die hitte en laat prut 12-15 min. Laat staan nog 10 min. eenkant met die deksel op.

Verhit die botter en olie in ’n pan. Geur die varkblokki­es met die sout en peper en braai in sarsies tot gaar en bruin. Meng die vleis en die res van die slaaibesta­nddele in ’n dienbak.

Slaai Grondboons­ous

Meng die grondboonb­otter en heuning in ’n mikrogolfb­estande bak. Mikrogolf 15 sek. of tot die grondboonb­otter verdun is. Roer goed. Voeg die gemmer, rysasyn en sesamolie by. Roer weer. Verdun met die water soos nodig.

Vlok die rys, voeg by die varkmengse­l en sade, en roer liggies deur. Bedruip net voor voorsit met die sous soos verkies. Sit voor met die suurlemoen­skyfies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa