Huisgenoot

VEGETARIES

- 2 3 4 5 1 2 3 4

Kook die spaghetti tot net gaar. Dreineer, maar behou 125 ml (½ k) van die kookvloeis­tof. Spoel die spaghetti af en hou eenkant.

Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot goudbruin. Voeg die knoffel en brandrissi­e by en roerbraai nog 1 min.

Roer die res van die bestanddel­e behalwe die koljanderb­lare by en laat prut 10 min. Roer af en toe sodat dit nie vasbrand nie.

Voeg die pastakookv­loeistof by en geur na smaak met die sout en peper.

Meng die pasta en koljanderb­lare deur die sous. Sit voor saam met die suurroom en ekstra koljanderb­lare*.

Sous Vir voorsit

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Rys: 30 min. Gaarmaak: 40-45 min. FOCACCIA 500 g volgraan

broodmeel 2 ml (½ t) sout 1 x 10 g-pakkie kitsgis 60 ml (¼ k) olyfolie 30 ml (2 e) semolina

(opsioneel) 1 knoffelbol

15 ml (1 e) olyfolie BOLAAG 2 wiele feta 250 g kersietama­ties 30 ml (2 e) olyfolie Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

Meng die meel, sout en kitsgis in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die

Focaccia

middel. Giet die olie en 250 ml (1 k) louwarm water by. Meng en voeg nog water by tot die deeg ’n bal vorm.

Knie die deeg 10 min. of tot glad en elasties. Plaas in ’n bak, bedek en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die grootte.

Sprinkel die semo- lina (indien gebruik) op die bereide plaat. Knie die deeg liggies af. Rol ovaalvormi­g uit. Plaas op die bakplaat.

Plaas die knoffel in die middel van ’n vel tinfoelie. Sprinkel die olie oor. Vou in ’n pakkie toe. Plaas op ’n bakplaat en rooster 45 min. of tot die huisies heeltemal sag is.

Bolaag

Breek die feta in stukke. Pak dit en die tamaties op die deeg. Sprinkel die olie oor. Bak 40 min. of tot gaar (dis by die knoffel in die oond). Druk die knoffel bo-oor uit. Sprinkel vars kruie* oor. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa