Huisgenoot

VARKREPIES MET SALIEBOTTE­R

- 2 3 4 5 1 2 3 4 5

ERTJIE-EN-AARTAPPEL-VISKOEKIES

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Verkoel: 30 min. Gaarmaak: 15 min. 6 aartappels, gaar 250 ml (1 k) bevrore

ertjies 150 g gerookte snoek, grate verwyder en gevlok 10 g pietersiel­ie,

gekap gerasperde skil van

1 suurlemoen sout en peper 1 eier, geklits 30 ml (2 e) olyfolie Druk die aartappels rofweg fyn en hou eenkant om heeltemal af te koel. Plaas die ertjies in ’n mikrogolfv­aste bak en bedek met kookwater. Mikrogolf 2 min. en dreineer.

Meng die aartappels, ertjies, vis, pietersiel­ie en skil goed. Geur na smaak met die sout en peper.

Meng die eier deur en vorm koekies so groot soos jou handpalm en sowat 10 cm dik uit die mengsel. Pak op ’n bord en verkoel minstens 30 min. in die yskas.

Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en braai die koekies tot goudbruin. Sit voor saam met groenslaai* en soet brandrissi­esous*. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 20-25 min. 8 varkrepies sout en vars gemaalde

peper SALIEBOTTE­R 60 ml (¼ k) botter 4 knoffelhui­sies,

gekap 10 g salieblaar­tjies, van die stingels afgebreek Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas ’n draadrakki­e op ’n bakplaat en bespuit met kossproei. Voer ’n ander, kleiner bakplaat met tinfoelie uit.

Sny die vel van elke varkrepie af. Pak die afgesnyde vel op die kleiner bakplaat en geur met die sout.

Geur die varkrepies aan albei kante met die sout en peper en pak op die bereide draadrakki­e.

Plaas albei bakplate in die oond en rooster 20-25 min. of tot die varkrepies goudbruin en die velrepies bros is.

Voeg alles in ’n kastrol en verhit tot die knoffel en salie bros is.

Pak die varkrepies en bros vel op ’n bord. Skep die botter oor en sit voor saam met suurlemoen­wiggies* en kapokaarta­ppel*.

Saliebotte­r

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa