Huisgenoot

MY MAN VERTEL WEER LEUENS

-

Ek is 39 jaar oud en my man 40. Ons woon al 18 jaar saam, waarvan ons 10 jaar baie gelukkig getroud is. Hy lieg egter baie vir my. Ons het vir berading daaroor gegaan en dit het gehelp.

Ongelukkig het ek nou by my man se beste vriend se vrou gehoor toe hulle 19 jaar oud was, was my man saam met hare by ’n saamspeel-seksaand met ’n vrou betrokke. My man sweer hoog en laag dit is nie so nie. Sy beste vriend het ná die voorval aan sy vrou erken dit is die waarheid.

Ek weet nie meer wat om te doen nie. Aan die een kant glo ek dit het gebeur; aan die ander kant glo ek my man.

Stukkende hart

Deur toewyding en opregtheid kan ’n mens vertroue terugkry in ’n verhouding wat deur leuens in die wiele gery is. Jy is nie soseer kwaad oor die leuen nie; jy is teleurgest­eld omdat jy voel julle is ten spyte van jou harde werk terug waar julle begin het.

Dis nie die geval nie. Beskou die voorval liewer as ’n klein terugslag. Jy sal dit so gou moontlik moet agterlaat. Of hy nou hieroor vir jou gelieg het of nie, dit is nie die feite wat jou kwaad maak nie; dis die vermoede van nog ’n leuen.

Wanneer ’n mens iemand in jou lewe toelaat, is dit nie kaalvoet en sonder tasse uit die verlede nie. Ons almal het reeds ’n pad gestap. Sy verlede is sy saak. Moenie verwag hy moet verskoning vra vir dinge wat jou nie direk benadeel nie.

Hy het al ’n verbinteni­s aan jou gemaak om die vertrouepr­obleem op te los deur vir berading te gaan. Weet jy hoe seldsaam dit vir ’n man is?

Elke verhouding met vertrouens­probleme kan doen met ’n amnestiety­d. Daartydens kan maats mekaar vertel wat hulle dink die ander moet weet. Dit is ’n tyd vir onvoorwaar­delik aanvaar, verwerk en vergewe. Gee hom die kans om jou self te vertel wat hy voel jy moet weet – en vergewe en vergeet dan. ’n Huwelik is nie ’n kruisverho­or waar een party heeltyds in die beskuldigd­ebank moet staan nie. Jy sal nou jou trots en gevoelens eenkant toe moet skuif en ’n simpatieke mens, dalk ’n predikant of ’n goeie vriendin, moet kry om namens jou met jou seun te gesels en as

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa