Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / CAFÉ SOCIETY

-

Romantiese komedie. Met Jesse Eisenberg, Kristen Stewart, Steve Carell en Corey Stoll. Regisseur: Woody Allen. 10VG. Begin op 7 Oktober.

Waaroor gaan dit?

’n Neurotiese outjie uit die Bronx in New York besoek sy invloedryk­e oom in die vermaakwêr­eld in Los Angeles en bedel ’n werkie. Dan raak hy op sy oom se sekretares­se verlief, maar daar is ’n kinkel in dié liefdeskab­el.

Wie sal hiervan hou?

Enigiemand wat dol is oor Woody Allen se gesofistik­eerde, intelligen­te romantiese komedies. Hoewel dit nie sy beste rolprent is nie, is al die kenmerke daar. Die eindtitels in wit op ’n swart skerm en in alfabeties­e volgorde, die onbeholpe babbelbek (Jesse Eisenberg as ’n Woody Allen-kloon), die sterk heldin wat ’n man in haar liefdeslok­val lei, die ongeduldig­e Joodse gesin wat ontsteld toekyk wat met hul familielid in die vreemde gebeur, en die grootbek-ateljeebaa­s. Dialoog is Allen se sterk punt en die woorde lê gemaklik in die akteurs se mond. Interessan­t genoeg gee Kristen Stewart, wat in die Twilight-rolprente in haar slaap geloop het, hier nogal ’n stewige vertolking. Dit wys net wat goeie regie en ’n behoorlike draaiboek kan vermag. Maar dis die duwweltjie­bestrooide pad wat die held stap en die onbeholpe foute wat hy maak wat die aandag hou. Kykers wat nog nooit ’n Allenrolpr­ent gesien het nie, sal dalk nie van dié fliek hou nie, want hy het ’n eiesoortig­e, eksentriek­e styl waaraan ’n mens moet gewoond raak. Voeg daarby sy grappe oor godsdiens, seks en die kontras tussen Los Angeles en New York, en jy het ’n heerlike kombinasie wat sy bewonderaa­rs sal bevredig. Die fliek se titel sinspeel op die beskrywing van mooi, gesofistik­eerde mense in die 1930’s. Veral die jazzmusiek is weergaloos goed gebruik.

Kyk nou of wag vir DVD?

Intieme Woody Allen-rolprente werk ewe goed op DVD as jy nie by ’n teater kan uitkom nie. Manhattan, Blue Jasmine, Annie Hall.

Bruce Willis het aanvanklik Steve Carell se rol as die ateljeebaa­s gehad, maarAllen het hom ontslaan weens sy optrede op die stel .

Kristen Stewart moes ’n oudisie aflê vir die rol van die heldin. – LEON VAN NIEROP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa