Huisgenoot

PETER DIE VOORLOPER

Die kosbaanbre­ker Peter Veldsman se storie is eindelik opgeteken

-

K WAS regtig verstom oor hoe baie en hoe goed hy kan onthou, hoe slim hy is, hoe wyd belese.”

So praat Elmari Rautenbach oor Peter Veldsman, saam met wie sy sy biografie, Wat die Hart van Vol Is – Herinnerin­gsreise van ’n Fynkok, geskryf het. “Dit was ’n ongeloofli­ke ervaring om in twee jaar ’ n lewe te leer ken,

“Daar is sy amper liriese vertelling­s uit sy kinderdae op sy gesiene ouma en oupa Cilliers se plaas buite Ladismith in die Klein- Karoo, en hoe boeremense geleef en gewerk het. Jy kan daardie huis omtrent ruik.

“Later jare is daar onder meer sy besoeke aan van die wêreld se beste restaurant­e en hoe hy letterlik gereis het agter smake aan: ’n regte in Nice, ’n regte margherita-pizza in Italië, ’ n sekere vis, wyn, regte sjampanje,” sê Elmari.

“Hy vertel van die begin- jare by sy restaurant, Emily’s, wat later beroemd geword het, maar aanvanklik omtrent geen gaste gehad het nie. Dan sit hy en Johan (Odendaal, sy vennoot) maar by ’n gedekte tafeltjie op die sypaadjie.”

Peter is ’n ikoon – nie soos die nuutste popsanger nie, maar in die ware sin van die woord. Hy was ’n baanbreker in die SuidAfrika­anse koswêreld wat die mense meer wou bied as bloot die maklike “skottels kos”.

Dit was veral in sy jare as Sarie se kosredakte­ur dat hy ’n generasie voorgestel het aan fynkos en hoe om dit te maak en te waardeer.

Prof. Lizette Rabe, wat saam met Peter by Sarie was, onthou hoe sy hom gevra het wat sy vir haar man se verjaardag kon kook.

“‘ Wanneer verjaar hy?’ wou Peter weet. ‘ Môre,’ sê ek. Waarop hy sê: ‘ Bokkie, dan moes jy al verlede week begin kook het.’

“Peter se kos het veral by- * TEEN DIÉ PRYS BY TAKEALOT.COM BESKIKBAAR. DIE PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAF KENNISGEWI­NG. gedra tot ’n sekere lewensgeha­lte en leefstyl. In ’n tyd van benoudheid het hy Suid- Afrikaners as ’ t ware deur die kospotte bevry,” sê Lizette.

Vir my was Peter ’n lopende woordeboek van Afrikaanse kosterme wat jy selfs tuis kon bel met jou navrae. Waar woorde nog nie bestaan het nie, het hy hulle self geskep. En so gul soos sy kos, so gul deel hy sy kennis.

Peter sê dit die beste: “Die objektiewe ‘ek’ is ’n doener, ’n avonturier, iemand met ’n missie; die subjektiew­e ‘ek’ is na binne gekeer, ’n hartsmens wat emosioneel reageer op hoe die lewe voortduren­d om my vorm aanneem en verander.

“Om te kan werk, om my kennis uit te brei, maar ook om uit te reik en die sterre te soek sodat ek dit met ander kan deel – dit is wie ek is.” WAT DIE HART VAN VOL IS – HERINNERIN­GSREISE VAN ’N FYNKOK (PENGUIN, R189*)

 ??  ?? Peter Veldsman, kosmeester en leermeeste­r.
Peter Veldsman, kosmeester en leermeeste­r.
 ??  ?? LINKS: By Annelize van der Ryst-Hattingh (links) en Wilna Snyman. BO: By Fritz Joubert, Sarie-redakteur, met hul forelvangs. REGS: Die hondeliefh­ebber.
LINKS: By Annelize van der Ryst-Hattingh (links) en Wilna Snyman. BO: By Fritz Joubert, Sarie-redakteur, met hul forelvangs. REGS: Die hondeliefh­ebber.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa