MY SWAAR JARE AS KWESBARE NUWE MA
Sy is bekend as ’n rateltaai politikus, maar in haar nuwe outobiografie wys Helen Zille haar sagter sy. In dié uittreksel skryf sy openhartig en met ’n tikkie humor oor die uitdagings van swanger- en moederskap
HELEN ZILLE het veral ná apartheid haar stempel op die SuidAfrikaanse politiek afgedruk. Vir baie mense is sy ’n soort Margaret Thatcher met ’n Afrikainslag – ’n yster vrou wat die magtige ANC in die wedloop om die burgemeestersketting in Kaapstad op sy neus laat kyk het. Die voormalige politieke verslaggewer keer terug na skryfwerk met ’n outobiografie wat ’n mens herinner al is sy as openbare figuur lewensgroot, is sy ook maar mens. Hier volg ’n uittreksel.
DIE jaar 2014 is ’n groot een, in die politiek en persoonlik. Dit is die jaar dat ek die laaste keer tot leier van die Demokratiese Alliansie (DA) verkies word. Dit is ook die eerste troue van een van my kinders. My seun Paul se wonderlike meisie, Gretl, gee hom die jawoord ná ’n strawwe staptog tot op die kruin van Duiwelspiek neffens Tafelberg.
Hulle kom later die middag in kortbroeke en stapstewels terug by Leeuwenhof (Helen se ampswoning in Kaapstad as Wes-Kaapse premier) om vir ons die enkele swart diamant te wys wat in pla- tinum geset is. Dit lyk pragtig aan Gretl se onopgesmukte hand met reguit vingers. Ons is verheug.
Daardie aand vra ek Johann (Maree, haar man) aan die etenstafel of hy sy huweliksaansoek aan my kan onthou. Ek merk dadelik die kyk in sy oë (halfleeg, halfpaniekerig) terwyl hy deur sy geheue soek vir enige leidrade oor waar ons dalk was en wat hy dalk gesê het. Hy het geen benul nie. “Ek sal jou ’n leidraad gee,” sê ek. “Dit was naby daardie plein in die stad.” (Ek kan nie dadelik die naam van die Dunkley-plein in Kaapstad onthou nie.)
“O, ja, Groentemarkplein,” verklaar hy