Huisgenoot

ANDER VLEIS EN SNITTE

- (Blaai om)

Moenie net bees en skaap oorweeg vir die braai of oond nie, meen die kenners.

“Wildsvleis word waarskynli­k onderskat,” sê prof. Louw Hoffman, hoogleraar in vleiskunde aan die Universite­it Stellenbos­ch. Hy verduideli­k daar is maatskappy­e en abattoirs wat wild slag met metodes wat so min spanning moontlik vir die diere veroorsaak.

“Die sogenaamde wilde smaak in wildsvleis is gewoonlik weens die stres wat die dier tydens die jagtog ervaar. Die wildsvleis wat jy deesdae in supermarkt­e kry, is volgens die Europese Unie se uitvoersta­ndaarde geslag en verwerk.”

Marieta sê vark is vleis van ’n baie hoë gehalte. Die vleis self is maer omdat die vet aan die buitekant is.

“In die verlede was mense bang vark bevat parasiete, maar gesondheid­sinspeksie­s is deesdae so deeglik dat dit glad nie meer die geval is nie. Mense is ook geneig om varkvleis oorgaar te maak, juis omdat hulle bang is dit het parasiete in.”

Volgens haar is dit slim om nou al genoeg varkvleis vir die feestyd te koop en dit te vries. “Hier van middel November af gaan pryse styg.”

Sy sê vars, ongerookte varkboud is die grootste winskoop. “Nie die snitte wat reeds opgesny en in marinade gelê is nie, want die kleinhande­laar vra geld vir die arbeid.”

Carmen Niehaus, Huisgenoot se kosredakte­ur, meen hoender is steeds een van die beste bekostigba­re opsies wanneer jy onthaal. “Sit ’n heel hoender in die oond of braai ’n plat hoender oor die kole. Hoender- en varkvleis is wonderlik omdat dit by enige geurprofie­l pas.”

Wat rooivleis betref, oorweeg gerus die goedkoper snitte. Volgens Carmen word goedkoper vleissnitt­e gewoonlik die beste berei, met klamhittem­etodes soos in ’n bredie op die stoof of ’n potjie in die buitelug.

Gerhard sê dis belangrik om te onthou ’n goedkoper snit is nie noodwendig van

 ??  ?? – GERHARD SCHUTTE (RPO)
– GERHARD SCHUTTE (RPO)
 ??  ?? – CARMEN NIEHAUS (Kosredakte­ur)
– CARMEN NIEHAUS (Kosredakte­ur)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa