Huisgenoot

DIE ‘DRAMA’ KORT VOOR SUSAN SE DOOD

-

DIS die laaste Sondagogge­nd van Susan Rohde se lewe. In die nagloed van die agentskap Sotheby’s Internatio­nal se jaarlikse konferensi­e kuier ’n klompie kollegas êrens tussen eenen tweeuur in die nag. Hulle is gesellig saam in ’n kamer van die spoghotel op die Spier-wynlandgoe­d by Stellenbos­ch.

Nadere besonderhe­de oor wat presies in hierdie laaste ure voor Susan se dood gebeur het, het bekend geword toe ’n bron aan Huisgenoot onthul die kuier was eintlik in die kamer van Brendan Miller, Sotheby’s se Seepuntse hoof.

Iemand bel ’n lid van die geselskap, Jolene Alterskye, ’n aanvallige donker- kop-agent van Seepunt. Net daarna stap Jason Rohde (47), grootbaas van Sotheby’s Internatio­nal Suid-Afrika, die vertrek binne. Hy gaan sit op ’n bed langs Jolene. Nog ’n kollega, die beeldskone Farrah Mia, is glo ook in die kamer.

Maar met Jolene, so het hy glo vroeër aan ’n kollega bely, het hy al maande lank ’n affair. En kort op sy hakke volg sy vrou, Susan (47), hom nou die kamer binne, geklee in net ’n japon. Susan roep sy naam talle kere uit, en iemand anders in die vertrek s’n. ’n Geskokte stilte heers.

Jason, nou geklee in ’n trui pleks van sy dinee-uitrusting, lyk “maar oes”, sou kollegas later vertel. In die ongemaklik­e stemming bied iemand Jason ’n drankie aan, maar hy het nog skaars omgedraai om dit te skink toe die Rohde-egpaar weer by die vertrek uit verdwyn.

’n Rukkie later maak die ander die kamerdeur oop, maar daar is geen teken van Sotheby’s se uitvoerend­e hoof nie.

Kort voor vieruur kry Jason ’n SMS van ’n kollega wat wil seker maak of hy oukei is, maar hy antwoord eers net ná sewe: “Drama, maar oukei.”

Negeuur daardie oggend hoor Jason se kollegas daar was “’n ongeluk”. Sotheby’s se afsluiting­sgeleenthe­id word summier afgelas en die geskokte konferensi­egangers kies koers huis toe. Iets verskrikli­ks het met Susan gebeur.

IN DIE dae ná die “drama” van 24 Julie ontvou die besonderhe­de van die dood van die blondekopm­a van drie dogters in hoofopskri­fte landwyd. Toe Jason die oggend toilet toe wou gaan, vertel hy later aan die polisie, was sy vrou spoorloos en die badkamerde­ur van binne gesluit. Toe ontbied hy die personeel en hulle vind haar liggaam, oënskynlik met ’n elektriese koord aan ’n haak agter die badkamerde­ur opgehang.

Maar toe word in ’n nadoodse ondersoek bevind iemand het haar verwurg. En ’n maand ná haar dood word Jason by hul weelderige woning in Bryanston, Johannesbu­rg, aangekeer weens moord in die nadraai van ’n konferensi­enaweek

 ??  ?? LINKS: Jolene Alterskye en Brendan Miller tydens die konferensi­e op Spier. Sy en Jason het glo ’n geruime tyd ’n verhouding gehad. HEEL LINKS: Farrah Mia was glo een van die agente wat in die kamer was toe Susan Jason kom soek.
LINKS: Jolene Alterskye en Brendan Miller tydens die konferensi­e op Spier. Sy en Jason het glo ’n geruime tyd ’n verhouding gehad. HEEL LINKS: Farrah Mia was glo een van die agente wat in die kamer was toe Susan Jason kom soek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa