Huisgenoot

MY DÚÚR FOUT MET KRAKERS

Arno Jordaan het weens ’n vals faktuur nes baie ander mense onder kuberskelm­s deurgeloop – maar so iets kan verhoed word

- Deur JACQUES MYBURGH

ENIGE nuwe ouer sal weet: ’n Mens het maar elke sent nodig, veral as dit jou tweede kind is wat pas aangekom het. En as jy dan boonop haastig ’ n nuwe huis betrek, moet jy elke sent omdraai. Dit is juis onder sulke omstandigh­ede dat jy dit die minste kan bekostig om deur te loop onder swendelaar­s wat jou broodnodig­e geld wil steel.

Vra die sanger Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie. Hulle laat bou op die Woodhill-gholflandg­oed in die ooste van Pretoria ’n huis vir hulle en hul twee kinders, Milan (4) en die pasgebore Luka.

Maar toe loop hulle deur onder kuberkrake­rs wat hulle uit R25 700 kul. “’ n Mens kan nie dink sulke goed kan gebeur nie,” sê Arno. En dit net omdat hy nie mooi genoeg gekyk het na die besonderhe­de op ’n faktuur wat hy per e-pos ontvang het nie.

Tot onlangs nog het die Jordaans ’n huis naby hul toekomstig­e nessie gehuur, maar toe besluit hulle om tydelik na die Silver Lakes-gholflandg­oed te trek.

“Ons het op kort kennisgewi­ng ons huurkontra­k met die eienaar van ons vorige blyplek beëindig,” vertel Arno, “maar moes noodgedwon­ge R25 700 betaal omdat ons die bestaande huurooreen­koms moes beëindig. Ons moes blitsvinni­g trek, want Lizanie was hoogswange­r. Luka het toe op 8 September, ’n week te vroeg, sy opwagting gemaak.”

Maar dis toe, in die haas om die transaksie af te handel, dat dinge skeefloop. Arno het die geld aan die eiendomsag­entskap betaal, maar ’n paar dae daarna ’n boodskap van hulle ontvang dat hulle nog nie die geld gekry het nie.

Hy het ondersoek ingestel en tot sy skok uitgevind ’n kuberjakka­ls het die korrespond­ensie tussen hom en die eiendomsag­entskap onderskep. Dié skelm het vir Arno ’n faktuur in die agentskap se naam gestuur (maar met die skelm se bankbesond­erhede op) en hom so sy geld in die verkeerde rekening laat betaal.

Arno het vir Huisgenoot twee fakture gewys waarvan die een ’n oorspronkl­ike faktuur van die eiendomsag­entskap is en die ander – met dieselfde briefhoof – amper identies lyk, behalwe die verskil in bankbesond­erhede. Op die regte faktuur is bankbesond­erhede vir ’n rekening by Rand Merchant Bank, maar die vervalste faktuur wys die rekening is by FNB. (Dié bank het intussen die geld terugbetaa­l.)

Nog iets wat Arno in die skelms se strik laat trap het, is die feit dat die vals rekening gestuur is van ’n e-posadres wat soos sy vrou s’n gelyk het. Arno het juis gewag dat Lizanie die rekening vir hom aanstuur. Volgens FNB het die skelms waarskynli­k vroeër ’n e-posgesprek tussen die twee afgeloer en toe ’n vals adres in haar naam geskep van waar hulle die vals faktuur met hul bankbesond­erhede aan Arno gestuur het. “Dis gestuur van die adres lizanie.jordaan@outlook.com, maar my vrou het nie so ’n e-posadres nie,” sê hy.

NIE net Arno het al onder sulke bedrieërs deurgeloop nie. Huisgenoot het berig oor Soozi Dinnie wat verlam is weens ’n fratsongel­uk nadat ’n bakkie haar op ’n kampeerter­rein getref het (Wonders ná sleephel, 16 Junie). Barmhartig­es het R300 000 geskenk sodat sy ’n ergonomies­e rolstoel kon bekostig, maar toe onderskep kuberjakka­lse die transaksie tussen haar en ’n vriendin, wat ’n bankrekeni­ng vir haar geskep het vir die ingesameld­e geld (Kuberskelm vort met my

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa