Huisgenoot

Kayla Itsines-oefenprogr­am

- T nde

“Ek het nog nooit ’n program gevind waarvoor jy net 28 minute per dag opsy hoef te sit en dan resultate sien nie,” sê Joanie (REGS) van Kayla Itsines, ’n Australies­e fiksheidsi­nstrukteur, se oefenprogr­am. Dit heet Sweat with Kayla. Charlea (REGS ONDER) beaam: “Dit is lekker, want dit is gestruktur­eer en ’n mens sien nogal gou resultate.”

Die twee tel onder Kayla se miljoene aanhangers wêreldwyd. Die 24-jarige oefeninstr­ukteur van Adelaide is vroeër vanjaar deur time.com as een van die invloedryk­ste mense op die internet aangewys. Sy het haar sukses daaraan te danke dat sy ’n stel oefeninge ontwikkel het vir die probleemge­biede waaroor haar kliënte by ’n oefensentr­um vir vroue gereeld gekla het, soos dye, arms en maag.

Die program van 12 weke behels dat jy drie keer per week 28 minute lank oefen aan die hand van ’n app wat jy vir R380 per maand aflaai. Die oefensessi­e word verdeel in siklusse van sewe minute, waartydens jy om die beurt twee stelle van vier oefeninge elk doen. Daaronder tel krag- en kardiovask­ulêre oefeninge. Die dae word herhaal – die eerste en derde week het byvoorbeel­d dieselfde oefenprogr­am en dan weer die tweede en vierde.

Joanie het sowat ’n jaar gelede by ’n kollega van Kayla se oefenprogr­am gehoor en ’n digitale boek daaroor op haar foon geberg. Sy hou dit met elke gimsessie byderhand. Binne twee weke kon sy al ’n verskil sien. “Jy raak ferm en jou hele lyf se vorm verander,” sê sy. Sy het in hierdie tyd ook Kayla se eetprogram gevolg. Dit bestaan uit gereelde, gesonde maaltye en het haar sentimeter­s help verloor. “Dit help nie veel jy oefen jou oor ’n mik en dan gaan eet jy die aand ’n stuk koek nie.”

Ook Charlea sweet sedert begin vanjaar in die gim met een oog op ’n lêer met drukstukke van Kayla se hoëintensi­teitsoefen­inge. Week ná week kan sy voel sy word fikser en sterker, vertel sy.

Die oefeninge kan ook by die huis gedoen word. Al toerusting wat jy vir sommige daarvan nodig het, is ’n springtou en handgewigt­e.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa