Huisgenoot

SKOLLIEWOO­D SE STORIEMEES­TER

John het in die tronk vir medegevang­enes stories vertel om veilig te bly – nou is sy fliek oor sy lewe vir ’n Oscar ingeskryf

- Deur PIETER VAN ZYL

SKOLLIEWOO­D gaan Hollywood toe, skerts John W. Fredericks (71) en wys na ’n geraamde koerantber­ig met die opskrif “Skolliewoo­d” teen die muur van sy skryfkamer. Hy draai die raam om. Agterop is ’n kammatjek vir $1 miljoen vasgeplak. Een miljoen dollar is die bedrag wat hy geraai het nodig sou wees vir die vervaardig­ing van Noem My Skollie, die fliek oor sy lewe. Sy jongste seun, Quinton, het die “tjek” al in 2008 uitgeskryf terwyl John nog finansieri­ng vir sy projek gesoek het en dit ter inspirasie in hul huis se voorportaa­l opgeplak.

Die fliek was toe darem nie heeltemal so duur nie – en dis pas aangewys as Suid-Afrika se Oscar-inskrywing vir beste rolprent in ’n vreemde taal.

John het die draaiboek geskryf. Die fliek is gegrond op onder andere sy twee jaar as jong man in die tronk toe hy net veilig kon bly deur sy medegevang­enes met sy stories te betower.

Gevra oor die fliek se wenkans, antwoord hy: “Ons kry ons paspoorte reg.”

Neffens sy rekenaar staan ’ n nagemaakte Oscar-beeldjie wat hy verlede jaar op sy 70ste verjaardag present gekry het. Sy dogter Janine de Villiers het ’n rooi tapyt laat uitrol in die restaurant waarin sy partytjie gehou is.

“Daardie stoel het sy al drie jaar gelede vir hom gegee,” vertel John se wederhelf, Una (67), en wys na die sitplek van hout en seil soos dié waarop rolprentre­gisseurs sit.

Sy gesig verstar toe ons hom uitvra oor die foto teen die muur van ’n jong man wat besig is om ’n koek te versier.

“Dis onse Clint,” sê John. “Hy nou al jare lank van daar af wanneer ek nagte deur skryf.” In die fliek se eindtitels sien ’n mens dit is opgedra aan sy seun wat in 2012 op 44 jaar vermoor is.

“Hy was ’n by ’n bakkery in Durban. Hy het nog op 7 Oktober daardie jaar gebel om my met my verjaardag geluk te wens. Die laaste ding wat hy vir my gesê het, was dat hy gou lugtyd gaan koop.” Kort daarna is Clint aangerand en sy selfoon gesteel. Hy het die volgende dag aan sy wonde beswyk.

“Daar was soveel wraak in my hart. Dis nie maklik nie. Hy sou so trots gewees het. Hy het altyd by mense gespog dat ek moewies maak.”

Pyn, hartseer, wraak en vergifnis is almal ook karakters in hierdie fliek. “Daar is dinge in dié fliek waarvan niemand geweet het nie,” vertel John. “Ek was baie bekommerd oor wat hulle sou dink.”

Daar is onder meer ’n grafiese toneel waar die jong hoofkarakt­er, AB (Austin Rose), op ’n ashoop verkrag word.

“Nie so lank gelede nie het ek per ongeluk daarvan gehoor,” vertel Una. “Dit was vir my moeilik om dit op die skerm te sien.” Vir sy kinders en kleinkinde­rs was dit ook ’n groot skok.

“Ons het hom almal ná een van die vertonings omhels en ’n ruk lank so gestaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa