Huisgenoot

WAT IS ’N MAAGOMLEID­ING?

- Wat dit kos

MET die instapslag by die Binedells se huis in die Paarl vang ’ n bord kolwyntjie­s op die kombuistoo­nbank ’n mens se oog. Dit is Henry se sewende verjaardag, maar sy pa loop met ysere wilskrag daarby verby sonder om aan een van die lekkernye te smul. Sedert sy omleidings­operasie drie jaar gelede het hulle selde soetgoed in die huis, verduideli­k Zane, ingeval die versoeking vir dié voormalige lekkerbek te groot sal raak. “Voor die operasie het ek alles geëet wat voorkom,” erken hy. “Ek sou by ’n winkel twee pasteie koop en daarna McDonald’s toe ry om nog kos te kry. En dan sou ek ook nog KFC eet – en dit was net vir middagete.” Deesdae volg hy ’ n streng dieet wat gewoonlik uit ’n gekookte eier soggens en ’n tuna- of hoendersla­ai smiddae bestaan. Saans eet hy wat die res van die gesin eet, maar hy vermy koolhidrat­e sover hy kan. Zane was in sy jeugjare altyd ’n groot kind en mettertyd was dit ál moeiliker om sy gewig in toom te hou. “Ek het alles probeer; elke pil en dieetdrank­ie op die mark. Die probleem is dat alles ’n rukkie lank werk. Dan bereik jy ’n plato, en voor jy jou kom kry, het jy al daardie gewig weer aangesit.”

Hy was siek en sat daarvoor om heeltyd moeg en ongesond te voel; daarom het hy in 2012 met ’n biokinetik­us se hulp ’n gereelde oefenprogr­am en eetplan begin volg.

“Ek onthou ons het eers net gestap en dit het so 20 minute geduur om net 600 m af te lê, wat gek is. Ek het ’n bietjie fikser geraak, maar verskrikli­ke pyn verduur. My rug het ingegee en ook my knieë.”

Hy het toe al ’n ruk lank ’n maagomleid­ing oorweeg en dr. André Potgieter, ’n bariatries­e chirurg by die Netcare N1 Stadhospit­aal in Goodwood, gaan spreek en die bal aan die rol gesit.

Sy mediese fonds sou nie vir die omleiding betaal nie; daarom het Zane by sy pa en oupa om hulp gaan aanklop.

Die vetsug het die operasie bemoeilik; hy het met lae bloeddruk gesukkel, longversak­ing gekry en net ná die operasie ’n hartaanval, waarna hy vyf nagte in die waaksaal moes deurbring.

Terug by die huis het dit Zane ’n ruk geneem om aan te pas. Hy kon nie meer eet wat hy wou nie; ná die operasie kon hy ses weke lank net vloeistof inneem en daarna net bietjies-bietjies kos. Dis om te keer dat sy maag rek. “Eenvoudig gestel: Tydens die operasie word ’n mens se maag kleiner gemaak sodat jy gouer versadig voel,” verduideli­k hy. (Sien die kassie.) Hy vertel ook dit help baie dat hy die maandeliks­e byeenkomst­e bywoon van ’n steungroep vir mense wat bariatries­e chirurgie gehad het.

Maar dit was die moeite werd om vas Dié operasie (spesifiek die Roux-en-Yprosedure wat Zane Binedell ondergaan het) behels dat die maag in twee verdeel word. So word ’n kleiner holte (die boonste deel) geskep, wat permanent van die onderste deel geskei is.

Die middelste deel van die dunderm word dan verbind aan die kleiner maagholte, wat ’n verkorte spysverter­ingskanaal skep. Dit bring mee dat jy gouer versadig voel en minder voedingsto­wwe opgeneem word. (Kos beweeg gewoonlik deur die hele maag na die bopunt van die dunderm.)

“Ná ’n omleiding kan ’n mens net sowat 10 tot 15 persent eet van wat jy vroeër geeet het,” sê die bariatries­e chirurg dr. André Potgieter. te byt. Zane weeg nou 102 kg, maar skat sowat 10 kg daarvan is los velle. En nie net die inhoud van sy klerekas lyk nou anders nie; hul gesinslewe het ook ten goede verander, sê Heleen, ook ’n verkoopbes­tuurder. “Voor hy die gewig afgeskud het, het hy net op die rusbank gesit en moes ek omtrent alles vir die seuns doen,” onthou sy.

Zane gaan vier of vyf keer per week óf gim óf draf. Hierdie gereelde oefening het effens gehelp om sy lyf weer vorm te gee, maar hy wil graag ’n prosedure ondergaan om al die rolle los vel te laat wegsny. “Wanneer ek skerp regs draai, swaai al die los velle na links!” skerts hy.

Maar hy maak glad nie grappies nie toe hy vertel dat die rolle vel pynlik teen mekaar skaaf. Partykeer kry hy selfs ’n veluitslag. Los velle is algemeen by pasiënte wat aansienlik oorgewig was, sê André. “Al raad is dat ’n plastiese en rekonstruk­tiewe chirurg lipo-skulptuur uitvoer. Dis ’n prosedure om die velle aan sy maag, arms en bobene te verwyder.”

Ongelukkig betaal mediese fondse nie as ’n reël daarvoor nie omdat dit kosmeties van aard is. André raam dit kan sowat R100 000 kos.

Al droom Zane nog oor so ’n operasie, verhoed die hinderlike los velle nie dat hy gehaltetyd saam met sy lewenslust­ige seuns deurbring nie. “Hul pa se velle is vir die seuns baie snaaks wanneer Zane met hulle speel,” vertel Heleen. “Maar ek wil hê hulle moet dit sien; Zander praat klaar oor hoe hy nie dit of dat moet eet nie – hy is beslis meer bewus van oorgewig.” tussen 18 en 70 jaar oud wees; ’n liggaamsma­ssa-indeks (LMI) van 40 hê of ’n LMI van 35-40 met beduidende verwante probleme (soos hoë bloeddruk);

bewyse verskaf dat vorige pogings om gewig te verloor onsuksesvo­l was;

nie dwelm-, drank- of emosionele probleme hê nie. Dit wissel baie van pasiënt tot pasiënt, sê André. Na gelang van die gekose prosedure kan dit volgens bariatrics­urgerysupp­ort. co.za tussen R60 000 en R140 000 of meer kos. In party gevalle is mediese fondse wel bereid om daarvoor te betaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa