Huisgenoot

EN SÊ NOU DIS GOOR?

-

Jy gaan waarskynli­k nie die kantoor binnestap en die mees opwindende take kry om te verrig nie, gee Miehe toe. “Dit kan frustreren­d wees as jy voel jy dra nie werklik by tot jou werkplek nie.”

En wat van die mense wat waarsku werkgewers buit interns maklik uit as goedkoop arbeid? “Natuurlik is daar perke wat werkgewers nie mag oorskry nie,” sê Jannet. “Sodra jy iets moet doen wat buite jou posbeskryw­ing val, soos om kinders rond te ry of droogskoon­maker toe te gaan, is dit onaanvaarb­aar.

“Interns mag nie misbruik word nie. Maak seker die take wat jy verrig, val binne jou posbeskryw­ing en doen jou bes om jou bydrae onmisbaar te maak.”

Reël ’n afspraak met jou werkgewer kort voor jou kontrak eindig. “Wees voorbereid met redes oor waarom jy wil aanbly en watter soort bydrae jy kan lewer,” voeg Jannet by.

Neem byvoorbeel­d ’n portefeulj­e saam met bewyse van die werk wat jy gedoen het, sê Miehe, en kry solank antwoorde gereed oor moontlike vrae, soos watter betaling jy sal verwag. “As die maatskappy ’n formele internskap­program het, sal daar kanale wees waartoe jy jou kan wend as jy ontevrede is,” sê Miehe. Neem byvoorbeel­d die probleem op met jou mentor of personeelb­estuurder.

’n Ernstige arbeidsges­kil kan na die Kommissie vir Bemiddelin­g, Versoening en Arbitrasie, algemeen bekend as die CCMA, verwys word, sê Ebrahiem.

Maar moenie oorhaastig wees nie, waarsku Jannet. “Sorg dat jy al die inligting het voor jy op iets reageer.” As iets jou pla, vra liewer uit daaroor om te bepaal of jou kollega se kwetsende grappies of tameletjie­s soos oortydwerk nie dalk die maatskappy se kultuur is nie.

Leer sommer vroeg in jou werklewe dit is wyser om self met iemand te praat as om ’n e-pos te stuur waarin jy kla. “Sodra ’n e-pos ontvang is, kan jy daardie woorde nooit weer herroep nie,” sê Miehe.

Onthou ook wanneer jy kla, moenie dit net op jou gevoelens grond nie. Jy sal bewyse moet verstrek van hoe jy te na gekom is. Noem voorbeelde van gedrag of take wat jou ontstel of ongemaklik maak, pleks dat jy bloot sê jy is ontevrede.

Jy moet ook mooi dink voor jy besluit om jou internskap vroegtydig kort te knip, sê Jannet. “Die norm is om vas te byt. Elke bedryf het sy sleurwerk.” Jy wil darem hê die werkgewer moet agterna vir jou ’n goeie verwysing kan skryf.

Maak ook seker wat jou alternatie­we is voor jy bedank, sê Miehe. “Sal jy kan loop en steeds op die firma kan staatmaak vir ’n aanbevelin­g en sal jy ander werk kan kry?”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa