Huisgenoot

DIE ‘EINTLIKE PRESIDENTS­VROU’ Ivanka Trump (35)

-

Trump die land platgereis het om stemme te werf, was Melania heeltyds ma vir Barron. Toe sy wel ’n toespraak moes lewer, is dit “geleen” by die huidige presidents­vrou, Michelle Obama (52). Wat styl betref, hoef Melania met haar voorliefde vir ontwepersk­lere darem nie terug te staan vir Michelle nie.

Sy is die eerste Flotus (First Lady of the United States) wie se moedertaal nie Engels is nie en wat vyf tale magtig is – Sloweens, Duits, Frans, Serwies en Engels – en wat al in haar Evasgewaad op ’n tydskrifvo­orblad gepryk het. Sy’s ook die eerste Amerikaans­e presidents­vrou wat in ’n land onder kommunisti­ese beheer grootgewor­d het.

Sy is op die Sloweense dorpie Sevnica gebore. Haar pa, Viktor Knavs, was ’n motoronder­deleverkop­er en haar ma, Amalija, het vir haar werk as uitvoerend­e bestuursli­d by ’n tekstielfa­briek gereeld na modestede soos Milaan en Parys gereis.

Haar verhale oor haar reise het haar dogter geïnspiree­r om die modewêreld te betree – eers as modeontwer­per en toe as model. Melania het in 1996 New York toe verhuis en Trump twee jaar later ontmoet toe sy 28 en hy 52 was. Hulle is al 11 jaar getroud.

Melania se ouers bly ook in Trump Tower.

Sy wil ’n “baie tradisione­le presidents­vrou wees, soos Betty Ford of Jackie Kennedy”, het sy al gesê. En terwyl Michelle haar landgenote fiks en gesond wou kry, gaan Melania op boelies fokus. Ontmoet die “eintlike preside n t sv rou” : Trump se oudste dogter, Ivanka. Die stylvolle Ivanka is ongetwyfel­d die bekendste en gewildste Trump-kind en haar pa se gunsteling­spruit.

Ivanka was meer betrokke by Trump se verkiesing­sveldtog as sy vrou, Melania. Die sakevrou en voormalige model was die een wat op saamtrekke gepraat en stemme vir hom probeer werf het, veral onder vroue. Politieke kommentato­rs glo juis sy gaan politieke pligte aanneem. Tog het Ivanka in ’n televisieo­nderhoud ná haar pa se oorwinning volgehou sy gaan nie deel van sy administra­sie word nie. Die ma van drie het ook haar eie reeks skoene, klere, handsakke en juweliersw­are.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa