Huisgenoot

Sal Trump sy beloftes kan nakom?

-

Die Amerikaans­e parlement word die Kongres genoem. Dit het twee huise: die Huis van Verteenwoo­rdigers (amper soos ons nasionale vergaderin­g) en die Senaat (soortgelyk aan ons raad van provinsies), verduideli­k die politieke kommentato­r Leopold Scholtz. “Nes hier word verskillen­de politieke partye op grond van die verkiesing­suitslae daarin verteenwoo­rdig. Die Amerikaans­e kieserskor­ps verkies verteenwoo­rdigers van die Republikei­ne asook die Demokrate in albei huise.

“Die president is nie ’n Kongreslid nie en kan net in ’n beperkte mate sonder hulle besluite neem. Die Kongres hou die land se beursie vas en kan finansieri­ng vir die president se planne weerhou.”

Trump se onverwagte oorwinning het die Republikei­nse Party – wat reeds in Obama se tweede termyn beheer oor die Kongres herwin het – se meerderhei­d verder versterk.

Tim glo Trump sal dinge makliker as sy voorganger gedoen kry omdat die Republikei­ne die meeste verteenwoo­rdigers in die Kongres het.

“Hy sal maklik sy begrotings en groot planne deurgevoer kry, maar hul politieke stelsel werk baie anders,” sê hy. “Dit is nie noodwendig so dat jy altyd soos die base moet stem wanneer jy in die regerende party is nie. Baiekeer sal ’n Republikei­n vir ’n Demokraat se voorstel stem en andersom.”

Vrees en ’n ‘nuwe wêreld’

“Die wêreld raak meer nasionalis­ties,” sê Deon. “Trump se oorwinning wys die oplewing van nasionalis­me wat ons al jare lank in Europa sien, het ook in Amerika posgevat.

“Oral in Europa is die wit werkerskla­s – mense in die laer-inkomstegr­oepe – in opstand omdat hulle glo hul ekonomiese omstandigh­ede verswak weens onder meer vryhandel (ooreenkoms­te tussen lande vir maklike in- en uitvoer). En as gevolg van beperkte werkgeleen­thede en hulpmiddel­s beskou hulle immigrante as ’n bedreiging.”

Trump se kiesers, verduideli­k Deon, is kwaad omdat hulle glo Amerikaans­e werkgeleen­thede word uitgevoer na lande waar arbeid goedkoper is, wat beteken maatskappy­e se winste is hoër. ’n Firma vervaardig hul produkte in die buiteland omdat dit daar goedkoper is en dit beteken minder werk vir Amerikaner­s. Terselfder­tyd word produkte goedkoper ingevoer uit byvoorbeel­d China – een van Trump se grootste teikens – as wat dit in Amerika vervaardig kan word.

Deon meen ons beweeg ’n “nuwe wêreld” binne met onsekerhei­d onder wêreldleie­rs oor Amerika se toekomstig­e rol as ’n supermoond­heid wat eers gaan vra: “Wat kry ek daaruit?” Trump het aan sy ondersteun­ers verkondig ander lande trek meer voordeel uit bestaande vryhandels­ooreenkoms­te as Amerika en hy gaan dit verander.

Maar soos die Britte nou met Brexit besef, is dit nie so maklik om uit bestaande ooreenkoms­te te kom nie. Ten spyte van Trump se uitlatings kan dit jare duur.

Ons sien beslis ’n nuwe verskynsel, beaam Theo op sy beurt. “Daar is ’n ‘keelvolfak­tor’.”

Maar nee, dit beteken nie die wêreld neig nou skielik na meer “konserwati­ef ” of “behoudend” nie, verduideli­k Theo. “Dis eerder ’n politieke verharding. Mense is besig om viervoet vas te steek. Hulle wil nou weet: Hoe belangrik is ons in ons eie land?”

Leopold meen ’n handelsoor­log dreig

 ??  ?? Sestien jaar gelede is Trump, ’n omstrede sakeman, in die gewilde animasiere­eks The Simpsons as president van Amerika uitgebeeld. Destyds was dit ’n verregaand­e gedagte en selfs nou is ’n klomp mense geskok dat dié “voorspelli­ng” waar geword het.
Sestien jaar gelede is Trump, ’n omstrede sakeman, in die gewilde animasiere­eks The Simpsons as president van Amerika uitgebeeld. Destyds was dit ’n verregaand­e gedagte en selfs nou is ’n klomp mense geskok dat dié “voorspelli­ng” waar geword het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa