Huisgenoot

MOEG VIR HAAR BAAS

-

Soos enige ander gesprek tussen jou en jou kind oor iets wat saak maak, moet dit binne ’n goeie verhouding plaasvind. Sy moet jou lei oor wat sy wil weet.

Jy sal moet besluit hoeveel besonderhe­de jy wil verstrek. Die basiese reël is om feite te gee na gelang van die vraag en niks meer nie. Laat sy daaroor dink en self ’n volgende vraag stel. Dra saam met die inligting ook waardes oor, maar nie jou eie vooroordel­e nie.

Jy wil jou kind graag kan toerus met eerlike, lewensgetr­oue waarhede; daarom wil jy betroubare inligting verstrek. Jy wil nie hê sy moet later uitvind jy het nie oop kaarte met haar gespeel nie.

Sê byvoorbeel­d die liefdespel binne ’n huwelik is ’n manier waarop ’n man en vrou vir mekaar wys hulle is lief vir mekaar. As sy wil weet waar babas vandaan kom, sê ’n man plant ’n saadjie in ’n vrou wanneer hulle ’n baba wil hê. Dan groei die baba in die ma se maag tot hulle groot genoeg is om gebore te word.

As jy self skaam is om hieroor te gesels, is dit waarskynli­k omdat jou ouers nie sulke gesprekke met jou reg aangepak het nie. Jy doen jou kind geen guns deur haar vrae te ontwyk nie. As jy die regte inligting op ’n toepaslike ouderdom binne ’n verhouding vol vertroue aan jou kind oordra, kan dit keer dat sy uit nuuskierig­heid wil eksperimen­teer.

Wees versigtig om te sê seks is iets waaroor ’n mens nie praat nie, want dit kan haar vrymoedigh­eid demp om by jou inligting te vra oor ander goed waaroor sy wonder. Boonop wek dit die indruk dat seks iets ongewens is, iets om oor skaam te wees.

Goeie boeke en DVD’s is hieroor beskikbaar, maar jy sal dit steeds saam met haar moet gebruik. Jy is haar vertroueli­ng; sy wil dit by jou hoor. Moenie hiervan wegskram nie. Dit is ’n gulde geleenthei­d om jou kind toe te rus vir ’n vervullend­e en gesonde lewe vorentoe. Ek werk al ’n ruk saam met my baas, maar is moeg vir haar en die manier waarop sy met my praat. Wanneer ek iets wil kwytraak, sê sy net: “Maar kan ek eers klaar praat?”

Ons sit gedurig vas. By die werk het ek baie hooi op my vurk, maar sodra sy iets gedoen wil hê, wil sy dit onmiddelli­k gedoen hê. Ek is bang ek stort ineen.

Werk- op K

Jy kan nie jou baas bestuur nie; jy kan wel jou emosies oor haar bestuur. Let ’n bietjie op na wat sy wel reg doen. ’n Mens gaan nie werk toe vir applous nie. As jy erkenning kry, is dit dikwels ’n bonus.

Wees aanpasbaar en werk aan jou vaardighed­e, soos tydsbestuu­r. Bly kalm en moenie iets sê waaroor jy later gaan spyt wees nie. Het jy dalk ’n gewoonte om mense – ook jou baas – in die rede te val? Indien wel, moet jy daarteen waak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa