Huisgenoot

MOET ALS HÊ, MAAR DIT BLY NET LÊ

-

WAT ’n heerlikhei­d was ons eeufeesfli­ek, Vir die Voëls, se première by Montecasin­o in Johannesbu­rg. Die sterre van die Afrikaanse vermaakwêr­eld het hulself uitgedos in uitrusting­s wat deur die 1970’s geïnspiree­r is, met die span wat ons romantiese drama gemaak en daarin gespeel het natuurlik die eregaste van die aand (lees die artikel oor die akteurs op bl. 22 en Local Is Lekker op bl. 130).

En ewe belangrik: Sampie en Irma de Klerk van Newcastle, die lesersegpa­ar saam met my op die foto hierbo, op wie se ware liefdesver­haal die draaiboek gegrond is (natuurlik met ekstra kinkels hier en daar vir dramatiese effek op die silwerdoek).

Toe ons die fliek in Kaapstad vir die redaksie wys, is van jonk tot oud en romanties tot sinies daardeur aangegryp. Dieselfde het by die première gebeur: Die gehoor het gelag én gehuil.

Omdat die fliek op regte mense gegrond is, herken baie ander mense ook flardes van hul eie lewe daarin – of dit nou die interaksie tussen die verskillen­de karakters is, die platteland­se lewe in die sewentiger­jare, die Bosoorlog, of sommer net die soeke na liefde en behoort.

Ons lesers is die rede vir Huisgenoot se 100-jarige bestaan en dit was ’n voorreg om hierdie besonderse pad saam met twee lesers te stap. Ons is ook storievert­ellers en die fliek was ’n ander manier om ’n storie te vertel wat julle kan vermaak en verryk.

Gaan kyk self vanaf 25 November in teaters! Ek sien al my geliefkoos­de CD’s in die twee rakke, van bo tot onder gesorteer. Ek sien die kas vol ou langspeelp­late en nog CD’s, tjokkenblo­k vol. Ek sien die rakke bokant die TV-kas vol DVD’s, talle daarvan. Dan praat ek nie eens van al die video’s onder in die TV-kas nie, en wat nog te sê van skoendose vol kassette?

Maar ek wou dit hê. Alles saam ’n klein fortuin werd. Een keer gespeel of gekyk, en nou ja, daar lê dit en stof vergaar. Nou het ek nie meer tyd om dit te kyk of speel nie. Of is ek sommer nie meer lus nie? Maar steeds moet of wil ek nog hê. Al word dit net een keer gespeel en gebêre.

Ek het ’n “moet hê”-mentalitei­t; ek is ’n hedendaags­e “moet hê”-versamelaa­r. En moenie vir een oomblik dink jy gaan een by my leen nie. Vergeet dit; dis myne. E. DE VILLIERS ledige pensioentr­ekkers asseblief ook ophou om ontydig by familie en vriende se sakeondern­emings op te daag en hulle uit hul werk te hou terwyl kliënte wag? SAKEMAN,

PRETORIA

Ek het raad met ledige vroue. Sodra sy inklok, stop haar ’n besem, stoflap of stofsuier in die hand en gaan aan met waarmee jy besig is. Ek het dit gedoen, en voilà, g’n verdere ongenooide kuiers nie. LIESL,

ORANJEVILL­E

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa