Huisgenoot

Rus in vrede, liewe Poppie

-

Ek lees die onderhoud met Louisa Koekemoer, ma van klein Poppie van der Merwe, wat na bewering deur haar stiefpa doodgeskop is (As ek net geweet het dinge sou so ver gaan . . . , 17 November). Sy erken sy het van die begin af geweet die man verniel haar kinders. Hoekom het sy hom nie toe al gelos nie? Die buurman het hulle aangegee en steeds is niks gedoen nie. Genugtig, vroumens, jy moes lankal van die man geskei het.

Rus in vrede, liewe Poppie. TERSHIA TALJAARD,

KLERKSDORP

Poppie se ma, Louisa, sê sy het gevlug van Poppie se biologiese pa omdat hy haar en hul kinders aangerand het, maar tog bly sy by ’n man wat van dieselfde beskuldig word. Sy erken die stiefpa het die kind baie slae gegee en op haar geskree. Hoe kan ’n ma toekyk hoe haar driejarige dogter fisiek en emosioneel mishandel word? Dit is een van die wreedste stories wat ek nog gehoor het.

Rus sag, Poppie, jy is nou in ’n veilige plek waar niemand jou weer sal seermaak nie. JEANETTE,

BLOEMFONTE­IN

In watter samelewing leef ons as ’n kind na bewering doodgeskop word omdat sy op die mat lê en slaap? Hoe gebeur dit dat ’n kind nie deur haar ouer beskerm word nie? Hoeveel keer gaan die “maar ek was bang vir hom” gebruik word? Die ma kon met die kinders gevlug het – die samelewing is nog nie so verrot dat geen hulp vir haar beskikbaar sou wees nie. YOLANDE MATTHEE-HELBERG

My hart breek vir die klein, pragtige meisietjie wie se lewe op so ’n wrede wyse tot ’n einde gekom het. So onskuldig tussen die grootmense. Mense wat sy in haar kinderlike onskuld vertrou het en wat haar in die steek gelaat en haar haar jong lewe gekos het.

Louisa, ek kan jou net baie sterkte toewens. Die pad vorentoe gaan nie maklik wees nie. Maar ek glo jy het ’n duur les geleer en ek hoop jy sal jou oorblywend­e geskenke van Bo koester en beskerm met jou lewe soos wat ’n ma behoort te doen, ten koste van haar eie geluk. BITTER HARTSEER,

BELLVILLE

Ek leef eerder saam met 10 troeteldie­re voor ek trou. Hulle vra so min en gee jou net liefde en plesier. Dis beter as mense wat net lieg en bedrieg en korrup is. J ’n Leser kla Boer Soek ’n Vrou is seksisties (Briewe, 17 November). Dis nie ’n koeiskou nie; baie mense het al daardeur liefde gevind. Ek sien na elke episode uit. Minki van der Westhuizen is pragtig. ANONIEM,

GAUTENG

Drie maniere om in te teken: • Bel 087-740-1012 • SMS HUISGENOOT en jou naam na 36489 • E-pos huisgenoot_inteken@media24.com * Bepalings en voorwaarde­s geld.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa